file March 2013 Mommies to be...

13 years 11 months ago #231704 by joo~ste
Hallo almal!
Ek was lanklaas hier, want dit was net so bitterlik besig by die werk. Ek het nou net besluit dat ek moet kom inloer en hoor hoe dit gaan. Klink of almal nog gelukkig en tevrede is en of die baba'tjies mooi groei.

Ek was ook gister vir my 23 weke fetal anatomie skandering en alles lyk goed en reg. Baba'tjie weet 580 gram en dokter is tevrede. Hy het so 'n vinnige 4D gedoen van die gesiggie en dit was te cute om te sien hoe die naelstring sommer so oor die skouer le en baba so vat-vat daaraan. Haar/Sy lippies lyk net vir my snaaks. Die bo-lippie is so lank en dik en die onderlippie so klein en teruggetrek. Kompleet soos 'n overbite. Die dokter het net gelag toe ek bekommerd daarna verneem en gese op 23 weke is die gesiggie maar so effe uit proporsie en dat alles eers teen 28 weke mooier in proporsie lyk. Nou het ek gaan loer na 4D skanderings op die internet en dit lyk vir my maar of die bo-lippies effe dikker en groter is as die onder lippies aanvanklik. Maar....ek worry nogsteeds 'n bietjie-

??

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231367 by Angelique_Cole 22/10/2008
Hi Widget

Bly om te hoor alles het goed gegaan by die scan! Ja ek weet to ek by discovery was moes ek ook vroeg bel. Ons is nou by Fedhealth so ek moet maar seker oor bel en hoor hoe dinge by hulle werk.

Ek het al vir hulle laat weet van my swangerskap want ek het by "fedhealth baby" geregistreer so ek sal seker net later die hospitaal booking moet doen. Maar ek weet dit doen 'n mens mos eers as jy hier by 28 weke is. Dan kry jy mos sommer ook 'n gratis 4D scan by die hospitaal so ek sien ook uit vir dit.

Anders gaan dit goed met my en hierdie mannetjie beweeg nou al heelwat.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231359 by Widget
Goeie more! Hoop almal het die lekker warm weer geniet die naweek :)

Ons was Vrydag vir ons "20 weke scan" maar ek was eintlik al 21 weke en 3 dae. Die klein boontjie groei baie mooi, en ons kon definitief hierdie keer sien dat dit 'n seuntjie is :laugh: daar was geen twyfel daaran meer nie! Dokter se net babatjie is groot, hy weeg al klaar 500gram, en lang arms en bene. Nou wonder ek of is dit omdat ek soveel sjokolade en koekies en dinge eet?! :huh:

Sien julle ook dat elke keer as julle vir 'n scan gaan dan verander die EDD? Maar die dokter verwys elke keer terug na die 26ste Maart wat die heel eerste scan gesê het as my werklike EDD.

Ek moet hierdie week my mediese fonds bel vir Authorisation sodat ek weet dit is uitgesorteer. Ons is met discovery so mens moet vooraf bel en laat weet van jou swangerskap, watter hospitaal toe jy gaan ens.

Sien uit om te hoor van almal van julle verder. Nixie en Chumm julle stap nou al nader aan julle derde trimester!! Sjoe maar die tyd gaan vinnig. Ek het die naweek so gesit en dink en ek is so bitter opgewonde om my kleinding te ontmoet & vir die eerste keer vas te hou en te sien hoe hy lyk! Ek wil sommer klaar my hospitaal sakkie pak. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231228 by Widget
Dankie almal :)

Wow well done Angelique! Dit is fantasties dat jy so gesond eet en dat jou gewig so goed is.

Ek het geen idee wat ek tot dusver opgetel het nie. Ek begin ook nou bietjie ongemaklik voel, en dit is so asof ek die laaste week sommer so skielik uitgestoot het! As ek baie staan of loop ook dan begin my voete swel en dan kry ek sulke worsie tone. :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231211 by Angelique_Cole 22/10/2008
Widget die gewig lyk nog goed. Sover nog steed minder as wat ek geweeg het voor ek swanger was so ek probeer my beste om te bly by die gesond eet. Maar gee ook somtyds nog in as daar 'n "craving" hier of daar is.

Geluk met die nuwe huis! :)

Nixie Hou baie van die naam Connor maar dus my buurvrou se seun se naam en een van Cole se beste maaitjies.

Ek's nou oppad huistoe.

xoxoxox

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231182 by nixie
Hallo Amal

Hoop dit gaan goed? gaan nou vir 24 weke en raak alklaar ongemaklik. Het ook al 10kg opgetel!!!!!

Angelique al naam met K geluid waaraan ek kan dink is Connor.

widget baie geluk met huis!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231179 by Widget
Hallo! :)


Angelique bly jy voel stukke beter! Hoe gaan dit met jou gewig en die gesond eet? Ek onthou jy het gese dat jy nog besig is om te verloor.

Chumm, Savanna is 'n pragtige naam!

Ons het nou al 'n kortlysie met seuntjie name maar ons het nog lank nie besluit wat boetie se naam gaan wees nie. Ons het met ons eerste eers in die laast maand of wat besluit op Isabella...so ek sal seker dit sal kom.

Verder voel ek ook goed en gaan maar aan. Net baie besig die tyd van die jaar. Ek het Vrydag weer 'n scan - 20 weke - dit is die fetal anomalies scan (is dit hoe mens dit skryf?) dan kyk die dokter of al die organe reg sit en reg lyk en hy kyk ook vir haaslippie, maar ek is nie te veel geworry nie. Die dokter het klaar gesê met die vorige scan hy kan sien alles ontwikkel so ver reg. :)

Ons huis verband is goedgekeur en al die papierwerk word nou geteken so hopelik trek ons einde December in ons splinter nuwe huis in. Ek is baie opgewonde :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account