file March 2013 Mommies to be...

13 years 11 months ago #229411 by joo~ste
Widget
Ja nee.....jy kan my niks van banke vertel nie. Ek moes verlede jaar 'n groot lening aangaan om veranderinge by my werk te kan bekostig en dit was omtrent 'n storie. Al wat hulle nie vir my gevra het nie is watter grootte my onderklere is. En dan...vat ALLES so lank..wat die ou kan net dit op daardie tyd doen en daardie ou moet eers 'n faks van doerie ou ontvang voordat hy dit kan stempel. Ek raak sommer nou weer de vieste in as ek net daaraan dink. Dit was regtig 'n schlep. Ek hoop jou goete word vinnig uitgesorteer.

Wat die geslag aanbetref het DH finaal besluit dat hy dink ons moet self uitvind en dit net stilhou vir die res. Ek probeer hom nou oortuig dat ons glad nie moet weet nie, want die verassing gaan so so so lekker wees!! So...op die stadium is dit early days en omdat ons nog elke keer maar gese het ons wil nie weet nie, het die Dr. elke keer mooi weggesteek en kon ons niks self sien nie.

Alda
Watter kussing het jy gekoop en waar? Ek dink ek moet dan vir my ook ene'tjie kry. Tans prop ek maar 'n gewone kussing tussen my bene in, maar dit is nie so gemaklik nie.
BAIE GELUK MET JULLE DOGTERTJIE!!!!
Dit is wonderlike nuus. Jy klink so in jou skik. Bly om te hoor jou 16 weke skandering het ook goed afgeloop en dat jou gewig wat jy optel mooi binne perke bly.

AFM
Nie veel nuus nie. Het vandag darem weer vir die eerste keer in 'n lang ruk 'n eetlus en kon bietjie meer as gewoonlik eet. Ek het nog niks opgetel nie, maar baba'tjie groei goed, so ek voel ontspanne en weet dat sy alles kry wat sy nodig het.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229400 by aldagild
Hi julle almal!

Ons was vanoggend vir ons 16 weke scan en dis 'n meisie! Dr is so 90% seker! Wat 'n blessing, ons is so excited. Alles lyk goed en dr is happy.

Wou net die goeie nuus met julle deel!

Hoe gaan dit nog met almal?

Ek het die laaste paar aande SO gesukkel om te slaap, was so ongemaklik. En het toe gister wragtig daai preggy kussing gaan koop en gisteraand soos 'n baba ( ;) ) geslaap!
Ek sal dit defnitief aanbeveel!

Het nog net so 1.4 kg opgetel van die begin van my swangerskap af so ek is bly daaroor!

@Jooste, bly jul scan lyk goed!
@Widget, sterkte met die koop stories. Ek kan dink dis bietjie stresvol maar sort eerder nou als uit voor die klein ene hier is! Jy gaan nie spyt wees nie

En die res van julle? Wat is nuus?

Ek is so opgewonde vir ons almal en so bly ek kan nou gaan shop nou dat ek weet ek kan "pienk" gaan :P

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/lGkRp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229387 by Widget
@ Jooste, bly die skandering wys alles gaan goed :) Okay, so ek neem aan dan julle gaan die geslag selfs geheim hou vir julle self?

Ek is seker dit is moontlik dat jy al kan beweging voel. Die dokter het vir my gesê ek sal seker eers hier by 16 weke beweging begin voel...waar met my eerste swangerskap het ek vir die eerste keer eers iets gevoel by 20+ weke as ek nou reg onthou.

Ons het gister met die verkoper 'n ontmoeting gehad want sy wou gesels oor kleure en decor ens....maar dit het goed gegaan gelukkig. Die tannie het bietjie funny idees maar gelukkig bly die finale besluite met ons.

Ons probeer nog ons papierwerk in order kry om aansoek te doen vir verband. Een van die banke is nou funny en sê ek moet na my bank toe gaan en my oorspronklike bankstate laat stempel... :huh: Banke en hulle admin....daar is altyd iets! Anyway, ons gaan maar deur die proses.

Ek hoop dit gaan verder goed met almal??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229368 by joo~ste
Widget
Interessant...die red raspberry goete! Ek voel ook soos jy...bounce maar alles teen jou gynie ook om te hoor wat hy se. Natuurlike middels het verseker 'n plek...dit moet net saamhang met wat jou gynie ook voel nodig is.

AFM
Was vir 16 weke skandering en alles lyk baie goed. Dr. het probeer geslag sien (sonder dat ons kyk) en hy se net dat hy 80% seker is...maar toe weer later...toe se hy...."nee, ...wag ek nog nie seker nie". So...al sou ons wou weet, sou ons inelkgeval nie 100% antwoord vandag gekry het nie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229325 by Widget
Dankie Jooste :) EK kan dink dat dit 'n groot storie is om veranderings te maak, maak die bouers nie ook 'n hengse gemors nie?

Op die Red Raspberry botteltjie staan dat dit bevat voedingswaarde om die uterus wand sterk te maak, dit voorkom naarheid, bloedings, verminder pyn en verlig kindergeboorte. Dit sê ook dit verreik kolostrum in borsmelk.

Ek is altyd baie skepties oor sulke kruiemiddels....maar het besluit ek sal die een probeer. Die vroedvrou (spel ek dit reg? :blink: ) het gesê ek kan van 37 weke evening primrose oil ook drink want dit help om jou serviks reg te maak...maar ek is bang om allerande sulke funny goed te doen. Ek sal eerder met my dokter praat daaroor wanneer ek weer gaan. Op hierdie stadium sal eerder verkies om nie te veel te probeer inmeng nie en as babatjie nie wil kom op hy/ sy eie nie dan boek ek veel eerder 'n keiser as wat ek dit vorseer en dan weer 'n noodkeiser het :unsure: Maar dit hang alles af van hoe my swangerskap en babatjie vorder, dit is nou te vroeg om te sê, maar ek voel gerus met wat ook al gebeur. :)


Jooste geniet jou 16 weke scan en laat weet ons hoe dit gaan! Julle het mos gesê julle gaan die geslag geheim hou as ek reg onthou? Sjoe daar was so baie posts ek kan nou nie so ver terug onthou nie.... :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229301 by joo~ste
Widget
Ek hou duimvas vir julle verband. Jy moet laat weet wat het gebeur. Ons is besig met herstellings aan ons huis en dit sal seker eers so einde Oktober, middel November klaar wees. Nogals 'n storie. SO....as jy in 'n huis kan intrek wat alles het soos wat jy daarvan hou...DOEN DIT!

Wat doen die Rasberry druppels presies?

AFM
Nie veel nuus nie. Gaan more vir 16 weke skandering en is baie opgewonde. Ek dink dink dink dink...dalkies het ek gisteraand ietsie gevoel. Maar dit was dalk net my verbeelding. Ek het baie stil gele en harderig op my maag gedruk...en ek kon sweer ek voel 'n ligte beweging...amper soos iets wat net so liggies raak aan my maag. Maar...toe ek weer probeer bewus raak daarvan...toe is dit weg.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago - 13 years 11 months ago #229287 by Widget
Hello! Hoop almal se magies groei nog mooi? :P

Angelique het jy vir jou n kussing gekry?
:laugh: @ Jooste. Wel dit is darm goed dat jy nog soos 'n klip slaap!

Ek het vir my Sondag Red Raspberry druppels gekoop. Dit is veronderstel om baie goed te wees vir swanger mammas en help met geboorte. Dit is darm nie so sleg soos wat ek gedink het nie. Ek hoop om te probeer natuurlik geboorte gee die keer en 'n midwife het my aangeraai om dit te drink.

Vir die van julle wat shakes drink - ek het nou 'n nuwe een probeer wat vir my lekkerder is as die mom2be een - dit is Nestle se Mom Milk Drink. Die boks sê meng dit met water maar ek drink dit steeds met melk, dit is vir my lekkerder.

Ons doen aansoek die week vir 'n verband so hopelik gaan die koop van ons huis deur :unsure: dit is maar bietjie stresvol! As dinge uitwerk dan trek ons December so dan is ons darm ingesettle wanner die nuwe kleinding kom.

Hoop almal het 'n lekker weerk! Lyk my somer is hier! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account