file March 2013 Mommies to be...

13 years 11 months ago #229677 by Angelique_Cole 22/10/2008
Hallo daar

Ek weet dit is lanklaas wat ek saam met julle gesels het. Maar dinge was 'n bietjie rof hier by die werk.

Als is goed aan hierdie kant en kannie wag om volgende Dinsdag weer te kan vir my scan nie. Wil graag sien hoe groot die mannetjie nou is.

Ek het ook al ligte bewegings gevoel maar dit is baie saggies.

My oudste seun Cole word 4 die 22ste van hierdie maand en ek het nog niks beplan nie. Maar dink ek gaan net "party packs" na die creche to stuur en dan sal ons miskien net ietsie braai met die familie.

Anders is die MS weg en ek voel baie beter, wil not hierdie naweek gaan kyk vir daai preggy pillow want ek sukkel nog baie om te slaap in die aande.

lekker dag verder vir almal

xoxox

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229676 by joo~ste
Ha ha.....nee wat.......ek dink jy's die spring chicken
:laugh:

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229637 by Widget
:laugh: Haha, ja ai. En ek werk as 'n debiteure kontrolleerder, dit is partymaal moeilik om nie vir mense te sê presies wat ek dink nie!

Ek is nou 27. My man is 36 (9 jaar verskil) en hy is nog 'n spring chicken! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229603 by joo~ste
Widget
Gebruik dan maar die buierigheid tot jou voordeel en gee die mense van wie jy min hou lekker gas! Dan kan jy na die tyd dit toeskryf aan hormone en onverskoning vra...terwyl jy eintlik heimlik jou se behoorlik gese het (mens het mos nie altyd die guts nie!)
:laugh:

Hoe oud is jy?

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229588 by Widget
Jy is hardly van gevorderde jare! :laugh:
Ai, ek kan ongelukkig nie advies gee oor die eetlus en wat sal help daarvoor nie :(
Ek voel ook 'vol' soos jy sê maar kan nog gewone porsies eet. Maar ek weet die sooibrand is glad nie lekker nie!

Ek het kortliks aan die begin sooibrand gehad maar dit het nou verdwyn waarvoor ek baie dankbaar is....soos die babatjie groter word en daar minder plek is is ek seker dit sal weer sy verskyning maak!

Dankie dat jy vra, ek voel die laaste ruk redelik buierig. Ek raak maklik geirriteerd en kwaad, ek het nou die dag sommer pad woede gekry toe iemand my in die verkeer afsny, en dit gebeur nooit met my nie! :angry: Dit furstreer my en maak my ongelukkig want dit is nie hoe ek is nie. Ek is seker dit is al die hormone. Ek moet sê een positief is darm voel ek glad nie so teenoor my man nie, ek haal dit net op ander mense en mense by die werk uit. Ek hoop dit is 'n fase wat vinnig sal oorwaai.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229575 by joo~ste
Widget
Agg...!!!! Hoe oulik! Ek kan nie wag nie!

Hoe voel jy andersins?

Ek kan regtig nie kla nie. Vir iemand met my gevorderde jare (he he!) en die feit dat ek vir die eerste keer swanger is, gaan dit regtig genadiglik baie goed. Ek het nouwel nog nie 'n gram opgetel nie, want ek eet nie te waffers nie (het nie MS nie...net absoluut geen eetlus) en ek voel die heeltyd vol. Verder het ek gister vir die eerste keer 'n sooibrand sessie beleef (yuk!) en toe's ek letterlik vir die res van die dag nie lus vir eet nie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229571 by Widget
:) Jy sal kort voor lank baie beweging voel!

Ja ek voel elke dag beweging, maar nie die hele tyd nie, miskiens so een of twee keer deur die loop van die dag. Gister het dit soos 'n 'poke' gevoel hier van binne af net so bo my blaas. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account