file March 2013 Mommies to be...

13 years 10 months ago #230900 by Widget
Jooste ek sê gaan met jou eerste instink. ;) En geniet die ou vrou stories en raai raai speletjie wat almal speel. Dit is altyd interessant om te sien wie was reg/ verkeerd wanneer babatjie gebore is. Maar dit is baie exciting!

Ek dra ook baie laag - met my dogtertjie het ek ook baie laag gedra. Ek was meer siek nou met my seuntjie as met my dogtertjie en ek crave baie soetgoed...'n vriendin van my het 7 weke terug haar seuntjie gehad en het gesê sy wou ook net soet - veral Jellybabies - eet! So ja mens weet nooit, en elkeen is anders :P

AFM: ek moet sê, ek weet nie of dit die lekker somer weer is of die vakansie wat ons gehad het nie, of dalk is dit net hormone, maar ek voel baie baie minder buierig/ gerriteerd en kwaad as voorheen! Wat 'n verligting, ek voel wees soos myself. :cheer:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #230884 by joo~ste
Widget
Ja -! Dit is vir my ook opwindend as ek ietsie voel. Kan skaars glo daar is 'n mensie binne in my!! Wat die geslag betref...wissel dit weekliks. Aanvanklik het ek gedink dogtertjie dogtertjie dogtertjie. Alle pienk goed het my aangetrek en ek het self meer begin pienk dra. Nou...voel ek anders en neig ek meer seuntjie toe. DH wil graag 'n dogtertjie he....en hy het so hard gebid tydens IVF dat ons asb. 'n dogtertjie moet he. En...ons gebede vir IVF is beantwoord...so dalk is dit 'n dogtertjie.

Meeste mense wat my sien kyk na my en omdat ek so swak eetlus het en baie laag dra en meer lus is vir sout-goete...se party dit is 'n seuntjie. So...ag ek weet nie. Die opwinding is egter groot om dit verassing te hou.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #230838 by Widget
Jooste ek is seker dit is babatjie wat jy voel! Dit is presies hoe dit vir my gevoel het aan die begin toe ek net net begin beweging voel. :) Dit is so exciting! Het jy enige voorgevoel dalk oor wat dit mag wees? Hulle se partymaal die ma's weet instinktief...

Ek het begin ongemaklik voel om heel oggend te sit by die werk, toe bring ek my pilates bal werk toe en nou sit ek op hom voor die rekenaar. :) Baie gemakliker & dit is goed vir my pelivis en rug spiere (glo ek?)

Ons dogtertjie is se kamer is baie neutraal so ons gaan die kamer sommer net so vir die nuwe enetjie opmaak & dan 'n splinternuwe kamer vir haar met 'n 'groot dogtertjie' bed en alles. Maar dit is eers volgende jaar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #230793 by joo~ste
Hallo julle!
Lyk vir my ons is almal nou so op die halfpad merk. Hoe opwindend is dit nie.

Ek het van gister af sulke "borrels wat pop" begin voel. Maar nie baie nie...net so af en dan. Ek is doodseker dat dit ons baba moet wees. Ek kan tog nie so vol winde wees nie!! Ha ha :huh:

Ja...ons het besluit om nie geslag uit te vind nie. Met die IVF was alles so onrealisties en so vooraf bepland en onnatuurlik, dat ons gedink het om iets vir ons 'n verassing te hou en nie vooraf te weet nie. Dit maak my opgewonde om te wag vir die dokter se woorde:
"En....dit is 'n .....!"

Gaan goed met my. Geen klagtes nie. Magie groei mooi en eetlus het darem ook so effe teruggekom. Nie baie nie..maar darem meer as wat dit was. Dit het seker nou ook vir ons tyd geraak om te begin dink aan die babakamer en aan name.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #230759 by Widget
Hoop almal het lekker naweek gehad! Voel darm weer soos somer nou na verlede week se reen en koue. :lol:

Nixie baie geluk met jou dogtertjie! Pragtige interessante naam. Ons het nog nie eens met 'n enkele naam opgekom vir ons klein seuntjie nie. :blink:

Ek is ook nou halfpad! Ek voel nou baie baie beter en het op die oomblik geen swangerskap komplikasies of probleme nie. Hardlywigheid en moegheid is stukke beter solank ek net reg eet. Ons het 'n vreeslike besige mannetjie en ek het vanoggend vir die eerste keer 'n braxton hix kontraksie gehad. Het vergeet hoe ongemaklik hulle is. :dry:

Chumm dit is so lekker dat jy beweging kan voel nou! Dit is fantasties en maak dit soveel meer werklik ook!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #230512 by CHmum
Hi Almal,
Lekker om weer van almal te hoor!

Ek het ook oor die naweek beweging begin voel en nou is sy omtrent woelig, ek besef nou dat dit wat ek vroeer gevoel het was ook beweging, maar metjou eerste is 'n mens nie altyd seker nie, dit is die wondelikste gevoel! :heart: Ek is Woensdag 22 weke!

Nixie baie geluk met die dogtertjie en dit is 'n pragtige naam, anders!
en jou boepie lyk ook mooi, ek is heelwat groter, maar het 'n "tube" gehad om mee te begin ;)

Ek het ook met hardlywigheid gesukkel, maar nou is dit weer ok, ek probeer om All Bran en sulke goed te eet en baie water te drink.
Ek het net vreeslik hoofpyn vandag, en Panado help mos nie dus hoop ek maar net dat dit gou weg gaan.

Verder gaan dit goed, hoop almal van jul het 'n lekker week!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #230501 by nixie
Hi Jooste.

Baie dankie, ja mens spreek dit uit toe -wei lag nou lekker nooit so daaraan gedink nie!

die oorpronklike spelling is eintlik Tovey. maar ek hou meer van Tové (dit lyk net vir my sexy beteken ook GIFT FROM GOD) seuntjie se naam is Pedrie (P3) so ons hou nogal van besonders.....

julle is mos geheimsinnig oor die geslag as ek reg kan onthou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account