file March 2013 Mommies to be...

13 years 11 months ago #231860 by Chandreb
Hey Ladies

I hope u are well. I am 24 weeks, and having a little baby girl.
When u ladies due, my doc says that baby will be here on the 15 March 2013.

Have a great day :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231825 by joo~ste
Widget
Toemaar...smeer net jou olie'tjies en drink baie water en sorg dat jou dieet goed is. Dit help ook om te gaan vir 'n swangerskap massering as jy kan. Die bloed sirkulasie doen die vel se elastisiteit baie goed.

Jy se 'n waar ding. Elke Kersfees die laaste 3 jaar wat verby was (vanaf 2009) was ek so effe hartseer want ek het gedink dat ek dan sal swanger wees. En hierdie jaar.....is ek!! So 'n groot geskenk. Ek en DH het besluit ons gaan nie vir mekaar kersgeskenke gee nie, want ons het reeds so 'n groot geskenk gekry. En dan...volgende jaar Kersfees....sit daar 'n plompe 9 maande baba ook langs die Kersboom!!

Was vandag vir scan en alles lyk goed. Baba weeg 700 gram.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231796 by Widget
@ Jooste. Ek voel ook baie beweging ja :cheer: en ek kom agter nou wat is sy 'besige' tye en wanneer is hy rustig. Ek kan ook sien wanneer hy skop nou, dit lyk vreeslik snaaks as my maag so beweeg wanneer ek stil sit. Ek voel ook nou al hoe meer gereeld braxton hix kontraksies.

En verder het ek so ver 4.5kg opgetel. Smeer bio-oil en rome laat dit klap maar dit lyk vir my so al as die lig reg val asof ek die keer sulke fein rekmerkies op die kant van my boud en sy kry. :(

Ons moet begin pak die week want ons trek die 22ste December. Ons trek eintlik oor 'n baie slegte tyd want meetste besighede is toe of op vakansie... Julle, daar is nog net 26 dae oor voor ou-kersdag!! En ons almal vier dit hierdie jaar met boepies! Wat 'n lekker kersgeskenk! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231786 by joo~ste
Chmum
Ha ha!!! Le maar met daardie beentjies omhoog! My enkels is darem nog enkels...maar ek vermoed nie meer vir lank nie. Dit raak warmer by ons en ek is baie op en af en aan die gang. So....tyd vir bene lug is daar maar baie min. Jou baba'tjie groei alte lekker! ONgelooflik hoe die tyd vlieg, he!?

Widget
Ja, ek voel al meer en meer soos die dae verby gaan. Dit is vreeslik lekker!!! En jy??

Angelique:
Dankie vir die tip. Sal verseker gaan loer by Mr. Price! Het jy al ietsie begin optel met jou gewig?

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231775 by Angelique_Cole 22/10/2008
Hallo Almal!

Bly om te hoor dat almal se babatjies groei so mooi!

CHmum LOL vir die cankles!!! Ja maar dit gebeur maar met ons almal.

Widget jammer oor die swybrand. :dry:

Jooste bly om te hoor jou "fetal assesment" het goed afgeloop.

AFM: als goed hierdie kant. Sien vrydag weer die dokter. Vir die van julle wat nog julle baba kamers wil opdoen, ek was vandag by Mr Price Home en hulle het die oulikste goed daar. Ek het vir my seuntjie die oulikste kombersie daar gekoop!

Als goed hierdie kant, my gewig is nog onder beheer en ek voel stukke beter! Gaan ook deur die "nesting phase" so ek will net huis skoonmaak en regpak...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231752 by Widget
Hallo! Dit is lekker om van almal te hoor weer. :cheer:

Jooste bly om te hoor dat babatjie so mooi groei! As die dokter nie bekommer is nie, dink ek nie jy moet bekommerd wees oor die mondjie nie. Jy is so gelukkig dat jy so mooi 4D prentjie gesien het. Ons dokter doen dit ongelukkig nie, maar ek gaan die week my 4D sonar boek by die kliniek so hopelik kan ook die outjie mooi sien die keer.

Wow, Chumm Savanna klink ook na 'n gesonde baba! Dit is fantasties :)

Haha, ek het nou lekker gelag vir jou cankels storie! Ek is seker dit gaan nog kom vir my. Maar jy spandeer seker redelik baie tyd op jou voete met die werk wat jy het? As ek reg onthou bak en versier jy koeke is dit reg?

AFM
Sooibrand is nou my nuutste beste vriend. :( Maar ek vind sekere tye is dit erger as ander, miskien gaan dit oor hoe baba lê en waar hy druk, want ek kan nie regtig agter kom of dit dinge is wat ek eet nie.

Voel julle almal seker darm nou al baie beweging?

Sterkte vir almal met hierdie besige tyd!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #231710 by CHmum
Hi Almal,

Klink of almal maar besig is. Bly om te hoor dit gaan goed met almal.
Ek was laas Donderdag vir my 25 weke scan en als lyk goed. Savanna weeg al 743g!

Ek het Vrydagaand nog so gesit en TV kyk en die vlg oomblik afgekyk na my enkels en met 'n skok gesien hul is weg!! :ohmy: ek't dadelik my vriendin met 2 kleintjies ge-what's-up en gevra.. 'wat nou?' sy het laggend geantwoord dit is 'cankels, learn to love them'. Dit is 'n wanneer jou enkels en kuite een raak! Ek het geweet 'n mens se enkels swel gedurende swangerskap, maar ek't gedink dit kom eers later. :dry:
Dit lyk darem vandag weer beter, maar in die aande raak dit weer dik, veral as ek baie gestaan het. Dan moet mens met jou voete in die lug sit, dit help.

Sterkte almal vir die week wat voorlê. :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account