file March 2013 Mommies to be...

13 years 11 months ago #229243 by joo~ste
Hallo almal

Ek het ook gedink om vir my so 'n kussing aan te skaf. Tans slaap ek nogsteeds soos 'n klip. (Dis nou as my man nie aanhoudend omrol en amper bo-op my beland in die proses nie. Hy kruip deesdae so onder my in.... :blink:

Nixie:
Siestog, jong!! Dit klink erg. Ek hou duimvas dat dit niks ernstig is nie. Laat weet as jy jou resultate gekry het.

Angelique: Voorwaar wonderlike met die gewigsverlies!! Wow!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229151 by Angelique_Cole 22/10/2008
Alda praat jy van daai Preggy Roll kussing? Ek wil so graag vir my een kry en sal sommer hierdie naweek gaan kyk vir een.

Hoe gaan dit met almal die ander mamma's. Hoop julle gaan almal 'n lekker naweek het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229148 by Widget
Gits Alda, ek het nie geweet nierstene kan veroorsaak word deur kaslium nie? Ek dink drink eerder wat jou dokter vir jou sê.

Oor die lang kussing goed :P : ek is spyt ek het nie een met my eerste swangerskap gekoop al nie. Ek het teen die einde met twee continental kussings geslaap vir ondersteuning & aanhou dink ek moet vir my een van daai goed gaan kry! Ek het nooit, en dit was elke aand 'n gefightery met die kussings & dan staan mens nog 5 keer 'n nag op ook om te gaan piepie.

Hoop almal het darm 'n lekker naweek! Ons kry lekker reen hier in Johannesburg vandag :cheer:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229124 by CHmum
Hi Almal

Jammer ek oor die croc foto sal weer probeer, miskien is ek maar net blond, wil ook graag by my naam 'n foto insit kry dit nie reg! kan jul help? :cry:

Angelique ek sal bietjie by Mr. Price gaan kyk, was lanklaas daar.
Jammer om te hoor v jou tante.

Ek gebruik MumOmega, was op PregOmega voor ek swanger geraak het en toe sit gyni my op die MumOmega, sal seker later weer oorgaan PregOmega toe.

Lekker dag,

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229116 by Angelique_Cole 22/10/2008
Baie dankie julle

Aldagild, ja ek sukkel oom veral omdat ek daarvan hou om op my maag te slaap. En ek begin ook "hotflushes" gevoel the kry gedurende die nag :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229114 by Widget
Ai nixie jammer om te hoor jy voel so sleg en dat dit dalk diabetes kan wees...! :(

Is dit dan gestational diabetes? Jy sal sekerlik al die details uitvind sodra hulle vir seker kan sê wat is fout. Hoe lank moet jy wag vir ruseltate?

Wow, well done Angelique met jou gewig! Jammer om te hoor oor jou tannie. Sterkte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 11 months ago #229113 by aldagild
Hi julle!

Nixie, jammer om te hoor jy voel so goor. Dit is nie lekker met sulke komplikasies nie. Ek hoop ook die uitslae is goed. Hou ons asb op hoogte?

Angelique, jammer om te hoor oor jou tannie se afsterwe. Mag die Here regtig vir julle styf vashou en vertroosting bring in hierdie tyd.

Ek drink ook die preg omega , dr's orders. Maar ek het nou eers gesien mens kry die preg omega plus ene met die kalsium ook by. Dink julle dis nodig vir die ekstra kalsium ok? My vriendin het met haar swangerskap ekstra kalsium ook gebruik maar toe 'n niersteen ontwikkel wat hul 5 maande na die geboorte mos uithaal. Was so groot soos 'n groot albaster! Ek wonder maar net

Is julle ook al bietjie ongemaklik as julle slaap? Ek is nie seker hoe om lekker gelê te kry nie. Oor weeg een van daai lang kussing goed om meer gemaklik te wees?

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/lGkRp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account