file March 2013 Mommies to be...

14 years 1 month ago #228954 by Widget
Aah fantasties Chumm!! Geluk met julle dogtertjie! :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #228953 by CHmum
Hi Almal

Ek was vanoggend vir my 17 weke scan by gyni. Als lyk goed en ons "Meisiekind" groei mooi!!!
Ons is vreeslik opgewonde en het nou eers al die familie en vriende gebel met die nuus van 'n dogtertjie!

My boepie wys al goed, dit voel of dit van week 14 met 'n spoed begin groei het.

Sterkte aan jul almal en geniet elke oomblik xxxx :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #228932 by Widget
Hi almal!

Hoop julle 'n lekker Heritage day gehad? Ons het 'n visbraai gehou. :P

Ek glo niemand het sover iets van julle dokters gehoor nie, wat beteken almal so toetse is 100% piekfein?

Jooste, Alda, voel julle darm beter?

Sooibrand begin my nou pla, veral in die laat middag. Ek rebelleer nog daarteen dat dit al so vroeg begin het, maar ek sal binnekort maar moet begin Rennies eet. Mens dra dit of Gaviscon maar oral saam in jou handsak. Ai. :dry:

Sjoe ja, Jooste, my boobs raak ook nou baie ongemaklik. Hulle is groot en erg sensitief. Dit is belangrik dat mens ordentlike ondersteuning dra. Slaap jy met 'n bra aan? Ek het gelees dat mens kan vir ondersteuning, maar dit voel vir my so onnatuurlik.

Oulike foto van jou boepie! :cheer: Ek het die naweek ook 'n fototjie geneem vir die 14weke mylpaal. Het gedink ek sal nou een elke 4 weke neem van nou af om te sien hoe my magie groei. Ek sal my foto ook aanheg.

Dit is darm 'n lekker kort week - net 4 daggies - so ek hoop almal het 'n lekker week!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #228913 by joo~ste
Hi julle!
Alda...ek is ook huilerig. Eerstens omdat dit voel my boobs word net groter en groter!! (Dit is iets waaraan ek gewoont moet raak) en dan omdat ek voel my man is heeltyd kwaai met my (wat ek nie dink hy is nie...ek is net so oorsensitief).

My boepie begin ook wys. Hier is 'n 14 weke foto'tjie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #228894 by aldagild
Hi al die mammas!

Hoop dit gaan nog goed met julle?

Hoe lyk die magies? Myne begin noggals al uitstaan onder. ek is hierdie week 14 wekies, amper 15!

Bly om te hoor al julle toetse het goed uitgedraai en nixie geluk met die seuntjie!!!

Wil net vir julle sê daar is by MR price darem 'n paar maternity goedjies, ek het vandag 2 swart gemaklike broeke daar gekry wat mens werk toe ook kan dra en 3 maternity toppies. Alles vir net R300. Dink nie dis te bad!

Ek is baie baie emosioneel die week en gedurig huilerig, maar seker dis maar deel van die proses?

Sterkte met al julle dinge en geniet die lang naweek. Rus!

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/lGkRp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #228796 by joo~ste
Hi julle
Lyk vir my ons is almal so 'n paar dae uitmekaar wat die Downs bloed toetse aanbetref. Ek het Maandag laat toets...en wag ook in angs om te hoor. Hulle het ook gese dat hulle net sal bel as daar iets belangriks is wat hulle moet bespreek - as ek niks hoor nie - is alles reg.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #228777 by Widget
Dokter het baie hard probeer om te sien gister wat die geslag is maar babatjie wou nie reg lê nie. Hy het gesê ons sal met die volgende scan (16 weke) definitief kan sien of dit 'n dogtertjie of seuntjie is.

Babatjie groei darm mooi en alles lyk goed. Geen teken van downs nie, en hy sê net dit is weer 'n lang babatjie. Hy het alles gemeet en die beentjies is weer lank. My eerste enetjie was ook so spaghetti stringetjie. :P Hulle kry dit by hulle pa want ek is kort. Dokter het gesê as ek niks van hom oor oor die bloedtoetse nie dan kan ek aanneem alles is piekfein.

Verder is hy net bietjie bekommerd oor my gewig; hy sê ek is ondergewig en moet nou begin optel. So gisteraand sê ek vir manlief hy moet vir my 'n groot hawaiien pizza huis toe bring vir aandete, want dit is waarvoor ek lus het, en ek moet eet :laugh:

Jooste ek is bly om te hoor alles gaan so goed met jou swangerskap & dat babatjie mooi groei! Dit is 'n mooi scan pic wat jy aangeheg het. Ek het vergeet om 'n cd saam te vat vir die scan so ek het net printouts wat die dokter vir my gegee het.
Ek het gelees in my swangerskap boek dat as jy dit tot by 12 weke maak dan is die grootste gevaar periode vir miskraam verby.

Ag dit is so lekker om swanger te wees en so opgewonde te kan wees oor die nuwe lewetjies wat ons in hierdie wêreld gaan bring. :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account