Hi almal! Happy Monday
Ek het 'n vreeslike virus opgetel en was die heel week verlede week siek in die bed!

Nou baie baie beter gelukkig. Ek het gevoel of ek doodgaan
Angelique geluk met jou seuntjie!
Ons gaan more middag vir ons 13 weke scan & sal miskien ook kan sien as dit 'n seuntjie is. Ek is net opgewonde om te sien hoe baie baba gegroei het.
Ek het die naweek by Woollies en Edgards in Fourways Mall mooi maternity broeke gesien. Dit lyk of dit alles nuwe stock is. Ek het niks aanprobeer nie, dit is nog veels te vroeg en was bang om te koop omdat ek nie weet hoe groot ek gaan word nie en of dit nodig sal wees om sulke spesiale maternity broeke te koop nie. Maar ja toppies en enigeiets verders is daar regtig niks moois nie.
Nixie, hoe het julle scan gegaan? Kon julle die geslag sien?
Ons het die naweek vir die derde naweek in 'n ry gaan huise kyk...en dit lyk of ons dalk iets gekry het. Ons sal die week hopelik offer to purchase teken, maar dit is manlief se afdeling daardie. Ek is net baie opgewonde! Ons bly in 'n twee slaapkamer plekkie so toe ons uitvind ons is weer swanger was een van die prioriteite om huis te soek, en ek het regtig nie daarna uitgesien nie. Kom ons hoop dinge werk uit.
Hoop almal het 'n lekker week!