Hi julle almal
Ek was gister weer by die dr en als lyk great op die scan sê hy, dis mos nou so 12 wekies! Ek kon nie glo hoe die babatjie nou al skop en armpies swaai nie! Wat 'n wonderwerk. Hy het gesê ons sal seker met die volgende scan oor 4 weke kan die geslag sien. So exciting! Hulle het my bloed toetse ook gister gedoen so ek behoort seker more die resultate te kry.
Widget: So bly om te hoor dit gaan beter met jou. Ek is trots op jou oefen ook. Ek moet juis nou weer gaan begin gym, geen verskoning meer vir my nie!
Ek stem saam met jou oor die rokkies met die swangerskap. Dit is great want mens lyk pragtig daarin, meer vroulik en dit lyk sommer nice!
Ek wil graag 'n meisie hê maar ek dink dit is 'n seuntjie, so gevoel. sal maar sien
Nixie: So bly om te hoor jy voel al bietjie beter. Ek dink al die Maart mammas sal van hier af net beter en beter begin voel.
My een vriendin doen 4D scans en sy het gesê die beste vir 'n middel maart mamma om 'n 4D scan te doen volgens hulle berekeninge is hier by die 2de week in Desember. Kan nie wag nie!
Ek het gister my baas vertel eks swanger. Hy is 'n japenese ou en hulle vat hierdie tipe nuus maar vreemd. In hulle kultuur moet mens half ophou werk as jy swanger is en baba kry.
Maar hy was heel positief darem. Dalk lyk hy net so ha
Lekker dag vir julle verder en sterkte met al julle dinge!