file March 2013 Mommies to be...

14 years 1 week ago #228650 by aldagild
Hi Maart mammas!

Ek hoop dit gaan goed met julle almal. Soos die weer bietjie beter raak word die gemoed ook sommer beter aan die kant!
Ek word al meer opgewonde oor die kleintjie elke dag...

@Widget, darem lyk als fine met die bloed toetse dankie! Dr sou my laas woensdag laat weet het as iets fout was en ek het nog niks gehoor nie. So ek aanvaar dis goeie nuus. Ek het net nie besef dit gaan so duur wees nie, R1560? Sjoe. Maar dis seker nodig...
Jou baas moet maar sterk wees oor die nuwe nuus, al is jy nog nie lank terug van kraam verlof nie. Ek meen wat kan jy doen? ;)
Laat maar weet hoe die "gesprek" gaan hoor

Ek weet nie van julle nie maar ek kan al verseker die veranderinge aan my magie sien!? Van maandag af bult dit half uit by die onderste deel van die magie. Ewe skielik half. Ek het gedink 13 weke is te vroeg nog om te begin wys? Maar ja, there is no denying it :lol:
Ek het darem nie pelvic pain nie though, dit verskil seker van persoon tot persoon?
Ek is seker dis 'n goeie ding though want mens se liggaam is hard aan die werk

@Angelique, so bly om te hoor als was goed op die scan. Dis great nuus. Nou kan jy gerus wees. Geluk met die nuus van die seuntjie! Dis so exciting. Ek kan nie wag om die geslag uit te vind nie! Jy is so lucking oor al die mooi toppies en rokkies wat jy gekry het! Dit help sommer baie.
Goed om te hoor van Mr price se kleure, ek gaan juis vanaand na die mr price toe by menlyn en hulle het noggals 'n groot section daarvoor.

@CHmum, so bly die band ding werk. Ek moet myne nog uitprobeer, sal seker volgende week of die week daarna nie meer 'n keuse he nie! ;) Wat die geboorte betref sal ek graag wil normaal maar defnitief met 'n epidiraal indien moontlik. Ek het al 'n paar vriendinne wat my dit aangeraai het....

@ Nixie, hoe het die scan gegaan? Kon julle geslaggie sien? Jammer om te hoor jy is nog so naar! Dankie vir die gerus stel van die normaal geboorte gee. Dit help!

Ek stem saam mens moet regtig 'n support system in plek he as baba hier is. My eie ma is ongelukkig 2 jaar terug oorlede maar ek gaan maar die skoonma en my "mamma" vriendinne inspan! En dan moet daai moederlike instink maar inskop :side:

Lekker dag vir julle. Rus lekker die naweek. Pas julle op

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/lGkRp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 week ago #228648 by nixie
Ons gaan more vir ons scan 15 weeke en paar dae, hoop ons kan die geslag sien!!!


Ek het nogsteeds dae wat ek baie naar is en siek word, maar al baie minder!

ek kan glad nie soet goed eet nie dit maak my naar!

Aan al die eerste Mamma's en die concern oor normaal geboorte... relax dis nie so erg nie.

ek is baie klein weeg 50kg en het n 3kg baba met gemak gekraam.

3 dokters het my weg gewys en gese ek is te klein om normaal te kraam. ek is terrefied vir messe en operasies dit freak my net uit so ekt besef dat pyn gaan ek pyn he.......

Net soos met n keizer is daar pyn, dit staan mos in Bybel dat ons met pyn kinders in die lewe gaan bring. Dit maak nie saak watse opsie jy kies nie daar gaan pyn en discomfort wees. keizer voel jy net die pyn NA geboorte en normaal voor geboorte. maar ek belowe jou jy gaan sterk genoeg wees om either or the hanteer!

dinge wat mens in ag moet neem is jou support system na baba gebore is?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 week ago #228646 by Angelique_Cole 22/10/2008
Hallo almal

Ek het vergeet om te sê dat ek verlede week by Mr Price was en vir my het hulle die mooiste Maternity wear van al die normale "retail" winkels.

Dalk moet julle 'n bietjie gaan loer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 week ago #228610 by CHmum
Ek bedoel Maart Mammas! :lol: dit kom nou daarvan as 'n mens probeer om iets anders te doen terwyl jy tik!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 week ago #228609 by CHmum
Hi Maat Mammas

Lekker om van almal se dinge te hoor!

Angelique Cole geluk met jul seuntjie!

Gelukkig het ek nie pelvic pyn nie, net partykeer so 'n gevoel of ek my period gaan kry!

Ek is nou 15 weke en my grootste jean kan nou net net toeknoop! ek het vandag vir my 'n "preggy belly bando" gaan koop en nou kan ek my gewone jeans dra met die knoop los, dit werk! Ek het ook na Maternity Wear gaan soek, maar die klere is lelik!!

Ek gaan 25 Sept weer gyni toe vir my 18 wke scan, hopenlik sal ons dan die geslag kan sien :silly: dis ons eerste so ons is vreeslik opgewonde!!

Het julle al begin dink hoe jul geboorte gaan gee?
Normaal met epiduraal of keisersnee?

Ek moet erken ek sien kans vir alles maar vir die geboorte slag is ek vrek bang!! :cry:

Mooi bly en pas julself op xx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 week ago #228539 by Angelique_Cole 22/10/2008
Hallo almal

Wil ma net vir julle laat weet dat alles het goed gelyk om die downs scan. Dit was so lekker om weer die baba te sien.

EN.....ons kry weer 'n seuntjie. Ek is baie bly want ek dink ek is maar meer van 'n "boys mommy". My due date is ook definitief bevestig as the 16 Maart 2013.

Sover was ek gelukkig wat maternity klere betref want my skoonsister het vir my baie mooi rokkies en toppies gegee, sowel as 2 paar jeans en 2 somer broeke. So ek dink nie ek sal nog veel by koop nie. Gelukkig het ek ook nog die 3 maternity bra's wat ek met Cole gedra het. Sal net vir my dalk 'n paar "panties" by koop.

Widget ek sukkel ook met die pelvic pain. Dit voel asof iemand my daar geskop het.

Nixie bly om te hoor dat die MS raak 'n bietjie beter.

Aldagild ook bly dat jy al vir jou baas gese het. EK moet nog vir my baas vertel.

Otherwise all is well on my side.
xoxox

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 week ago #228485 by Widget
Hoop dit gaan nog goed met al die Maart mammas! :) Dinge is maar stil op die oomblik.

Hoop almal is darm gesond? Met die draai van die seisoen is daar weer baie griep en verkoue wat rond loop.

Alda, so bly die scan was so amazing! Ek is nou eers 12 weke en ek kan nie wag vir volgende week Dinsdag om ons klein peanut te sien nie!! Het jou bloedtoetse darm alles goed terug gekom?

Bly jou baas is darm okay met als - of dit klink so. Mens weet nooit hoe hulle gaan reageer nie. Ek was bang my base gaan dink dit is hoogs onvanpas dat ek nou weer swanger is nadat ek die 1ste Februarie eers weer begin werk het na my eerste kraamverlof. :blink: Maar wat moet mens nou doen?

Sjoe nixie klink of jy darm erg MS gehad het, bly jy word darm beter.

Sien uit daarna om te hoor hoe almal se scans gaan!

Sukkel enige van julle met pelvic pain? Ek vind my bekken bene en laer rug is vreeslik sensitief. Veral omdat ek 'n werk het waar ek heeldag sit, maak dit dit net soveel erger. Ek probeer gereeld opstaan en dan moet ek baie versigtig gaan sit anders is die impak baie pynlik. Ek is seker dit is normaal want alles groei en verskuif en daar is soveel hormone besig om hul werk te doen. :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account