file March 2013 Mommies to be...

14 years 2 months ago #228058 by Widget
Ek is bly dit klink of dit so goed gaan met almal!

Angelique, dink jy dalk hierdie keer is dit 'n dogtertjie met die dat jy soveel slegter voel as met jou vorige swangerskap? Ek is altyd geinteresseerd of al die ou vrou stories enige geloofwaardigheid het.

Chumm moenie te erg stres oor die downs toetse en so nie, alles sal piekfein wees :) Dit is algemene praktyk nes jy sê. Jy gaan jou pragtige klein ding in 3D sien al so vroeg! Doen hulle dan bloed toetse ook?

Haha Alda & Jooste :laugh: Ek het darm nog van my vorige 'pregnancy bra's' wat ek kan dra...maar dit is darm 'n lekker bonus wat met swangerskap kom want ek het so te sê niks nie. Met my eerste swangerskap was my borste van vroeg af seer en geswel, toe ek ophou borsvoed het hulle kleiner geword as wat hulle was voor ek swanger was... :huh: en nou raak hulle darm al so klein bietjie groter maar nie naastenby so seer soos die eerste keer nie. Geniet hulle! :silly:

Jooste ek dink nie jy verbeel jou nie, my broeke sit definitief stywer ook selfs al het ek nie regtig al enige gewig opgetel nie. :P
Ek is seker ook oumas en oupas sal die geheim vir julle vir 'n rukkie kan hou, maar dit is so lekker dat hulle so vreeslik opgewonde saam met julle is. Ag nee man, nou raak ek weer tranerig :cry:

Alda dankie dat jy vra, ek voel darm nie meer so vreeslik hartseer en geirriteerd nie...maar die trane lê maar vlak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #228042 by joo~ste
Ha ha Alda!!!
Ek gaan dit uitdruk en vir my man gee!! Hy gaan regtig daarby baatvind!

Hoe ver is jy nou weer? Ek kan darem nog aangaan met die bras wat ek het, maar ek sien die boobies is besig om lekker uit te sit! :P

ChMum
Ek is doodseker alles sal goed verloop met jou 3D scan. Jy moet kom post na Donderdag! Ek gaan 17 SEpt vir myne en voel ook so bietjie angstig soos jy.

Angelique
VOel jy beter?

AFM
Ek was gister ook naarerig, maar voel vandag darem okay. Net baie moeg en sal heeldag om le en "dut" as ek my sin kan kry. Ek weet nou ook nie of ek myself net verbeel nie (dalk wishful thinking)...maar verseker is my middelyf besig om bietjie ronder te word. :blink:

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #228037 by aldagild
Hi julle almal!

Eerstens my vriendin het vir my 'n great link gestuur na 'n artikel wat die manne MOET lees. Dis hoe om hulle swanger vrouens beter te verstaan en te hanteer.
Julle kan dit kry by die link: www.intiem.co.za/in-sy-wereld/n-boepie-met-haar-eie-brein.html
Kyk wat julle dink van die tips, ek dink dis noggals oulik

Angelique - Dit sal so wonderlik wees as julle al op 13/14 weke kan sien. Hoe opwindend. Ek wil so graag begin shop (hou van shop oor die algemeen) maar moet myself nou vir eers in toom hou! ;) Daai tyd sal kom...
Jammer jy het so sleg gevoel gister jong. Dis darem great dat jou man jou so mooi bystaan en help!
Interessant hoe mens met 2 kinders so verskillend kan swangerskap ervaar ne?

Jooste- ek voel sommer baie beter dankie. Ek moet se van laas week af is die MS feitlik weg, ek eet weer actually en is actually "lus" vir kos! dankie tog!
My vriendin se' ek gaan die "honeymoon" tyd binne. Baie van ons klomp maart mammas behoort van hierdie stadium af al beter te begin voel. Of dit is die teorie in elk geval!
Ek kan dink almal was baie opgewonde oor die goeie nuus! Wat 'n blessing.

Widget Hoe ganit met jou emosies vandag?

In ander nuus: vanmiddag moet ek nuwe bra's gaan koop as julle my drift vang :P

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/lGkRp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #228036 by CHmum
Hi Almal, dis lekker om te sien hoe baie Maart Mammas daar is! :)

Ek is nou 13 weke, het vir die ouers vertel na ons eerste sonar op 7 wke, almal vreeslik opgewonde! Het vir 'n paar close vriendinne eers op 11 wke gesê en gaan vir die res eers na Donderdag se 3D sonar (Down toets en ander afwykings toets) vertel. Dit is blykbaar algemene praktyk veral as 'n mens soos ek ouer as 35 is. Ek moet sê ek is maar gestress, maar sien terselfde tyd uit daarna om weer vir Baba op sonar te sien.

Ek werk vir myself dus het ek nie die probleem om vir 'n werkgewer te vertel nie.

En ja ons gaan definitief die geslag uitvind ek en manlief is hopeloos te nuuskierig en dis ons eerstling! ;)

groete vir eers :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #228032 by Angelique_Cole 22/10/2008
Hallo julle

Nixie bly om te hoor dat jou baas het die so goed gevat. EK moet nog vir my baas sê maar die ding is dat ons is nou 2 vroue in dieselfde afdeling wat swanger is wat bedoel daar gaan so 2 maande wees wat nie een van ons op kantoor is nie.

Jooste hoop dat jy sommer gou beter voel.LOL, ek dink is baie swaer vir oumense om geheime te hou. Ek kry elke dag 'n sms of BB om vir my geluk te wens van mense vir wie my ouers vertel het.

Widget/Alda my gynie het gesê dat ons sal dalk by die downs scan kan sien wat die geslag is en dan is ek 13/14 weke so ek hou maar duimvas vir dit.

AFM
Ek het gistermiddag na werk heel sleg gevoel en het sommer in die bed geklim. Daar was oorskiet kos van sondag oor en my man het vir ons seuntjie gesorg. Dankie Vader dat jy so behulpsaam is. Voel bietjie beter vandag maar nog steeds baie moeg. Dit is nogals vir my erg omdat met my seuntjie het ek niks simptome gehad nie.

Hoe gaan dit met almal van julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #228019 by joo~ste
Widget
Ek het nouwel nie vreeslike MS nie, maar die swangerskap maak my neerslagtig voel. Ek voel verseker effe depressief. Ek dink dat dit sal beter gaan as ek net eers weer by die gym kan uitkom en begin oefen. Ek het nie besef hulle kan al so vroeg sien of dit 'n seuntjie is nie! Ongelooflik!

Nixie
Bly jou baas het dit so goed gevat.

Alda
Hoe voel jy vandag?

Hi daar Angelique!! Baie geluk!!

AFM
Het vir ouers gisteraand gese en dit was omtrent 'n tranedal en blydskap en lag en giggel deurmekaar. Ons het nie vir hulle vertel van IVF nie en het besluit om dit privaat te hou. Ek en DH lag lekker...want ons sal nou sien of die "ou mense" dit 'n geheim kan hou tot 12 - 13 weke. Ons het hulle mooi gevra.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227993 by Widget
Joo~ste ag hoe pragtig! Ek voel baie erg emosioneel vandag (al van gisteraand af) en kry sommer trane in my oë! :cry: 'n volle 3 cm lank en die ou dingetjie groei so mooi! Julle ouers gaan absoluut ekstaties wees vir julle!!! Dit gaan nogal 'n uitdaging wees om die geslag geheim te hou, maar klink of julle mooi dit uitgewerk het. :cheer:

Angelique baie baie geluk met julle swangerskap. Ek kan net imagine hoe fantasties dit moet wees vir almal van julle om 'n positiewe toets te kry na so lank probeer. Altwee ons sin was 'n groot verassing want ons het nooit regtig probeer nie.

Ek sal ook definitief uitvind wat die geslag is. Ook veels te nuuskierig!

Alda met ons eerste een (dogtertjie) het die dokter eers op 16 weke gekyk en vir ons gesê dit is 'n dogtertjie en met die tweede enetjie nou het hy gese hy sal met ons volgende scan (ek sal so 13 weke wees dan) kyk en dan sal ons kan sien as dit 'n seuntjie is....my vriendin het ook op 13 weke al geweet sy kry 'n seuntjie. Hoor by jou dokter as jy weer gaan wanneer hy vir julle sal kan sê.

Nixie gelukkig klink jou baas of hy darm verstaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account