Hallo julle!!
Widget: Ek wou die geslag graag geheim hou, maar my DH het my mooi gevra of ons nie maar kan uitvind nie. So....nou gaan ons die 2de beste ding doen en dit net vir onsself hou en nie vir die familie se of dit 'n dogtertjie of seuntjie is nie. Ons het besluit dat ek van nou af elke dag sal praat van hom en DH sal elke dag praat van haar en ons sal so aanhou tot die dag dat kleinding gebore is. Ons wil dit dan 'n verassing vir almal anders hou.
(Ek sal die kamer baie neutraal versier en al die blou of pienk goeterjies skelmpies in 'n aparte kas wegbere). Ons is opgewonde daaroor!!
Alda: Ek dink ook 12 weke. Ons gaan eers vanaand of more aand vir ons ouers se. Op die oomblik weet slegs ons en die FS dat ons swanger is. Ons het nog vir niemand gese nie. En...ons gaan hulle dan vra om dit asb. stil te hou tot op 12-13weke. Ek twyfel of die oupas/oumas dit sal regkry...maar ons gaan probeer.
Hallo aan die res! Nixie, ChMUM!!
AFM:
Ons gaan nogals gereeld vir scans (omdat dit 'n IVF baba is). Ons was Vrydag vir 10weke scan en dit was ongelooflik. Vir die eerste keer kon ons babatjie sien beweeg. My hart het 'n paar slae gemis toe ek dit sien! Onwerklik! Babatjie is nou 3cm lank.
Attachment not found