Hallo almal! Ek het lanklaas op die forum kom kyk & ek sien daar het 'n paar nuwe Maart mammas gejoin

Dit is lekker om almal se ervaringe te lees!
Ons gaan die 18e September eers vir ons volgende scan. Kan nie wag nie. Met die 6 weke scan om te swangerskap te bevestig was dit net 'n klein ou ertjie (0.5cm) met 'n hartkloppie - 129bmp.
@ Alda, ons het vandag (ek is amper 10 weke) vir die mense by die werk gesê maar ek voel steeds 12 weke is idiaal. Ons her verlede week ons familie vertel omdat my ouers van ver kom en hulle hier was vir my 1ste enetjie se verjaarsdag. Dit was vroeer as wat ons wou. Mens is mos maar altyd bang iets gebeur maar ons hoop nou net alles gaan goed.
Jou dokter sal jou kan aanraai wat is die beste tyd om te gaan vir 3D of 4D. 4D is 'live 3D' soos wat die dokter vir my beskryf het, met ander woorde jy sien beweging ook. Ek was glad nie beindruk met my 4D nie, maar dit is omdat die vrou wat dit gedoen het besig was om opgelei te word en eintlik nie 'n clue gehad het wat sy doen nie

baba was ook nog breech en het reg onder my ribbes gesit so mens kon nie die gesiggie mooi sien nie. Maar ek het al pragtige 3D sonar fotos gesien van vriendinne van my!