Hello almal
Jammer ek val sommer net so in maar ek love dit om almal se swangerskap journeys te volg.
Baie geluk aan almal!
Rede hoekom ek hier inval is oor die borsvoeding onderwerp. Ek is 'n groot activist vir borsvoeding hahaha. Ek het net in die hospitaal met my dogtertjie geborsvoed en sommer dag 2 al opgegee omdat ek heeltemal ongelig was en die personeel het glad nie mens geondersteun nie
Toe ek beplan vir no. 2, toe sê ek vir myself hierdie keer druk ek deur. Daar is heeltemal net teveel voordele vir baba en mamma. Ek stem saam, elkeen moet besluit wat hulle wil doen op die einde van die dag MAAR maak dit op 'n ingeligte besluit. Maak seker oor al die mites & feite. Baie mammas dink hulle kan nie borsvoed nie of gee net te vroeg op.
Die eerste 6weke is maar tough maar glo my, dit word makliker, lekkerder en die band met daai kleintjie is net heeltemal anders. Niemand sal dit verstaan nie, behalwe 'n borsvoed baba.
Baie mammas of pappas dink maar hoe gaan hulle bond met baba as mamma borsvoed? Pappa kan op ander maniere bond deur skin to skin doen met kleinding, kleintjie bad, gaan stap ens. Die lys is eindeloos.
Ek het 5 artikels vir Moomie geskryf oor borsvoeding as julle daar wil gaan lees. Dit behoort baie vragies te beantwoord maar julle is welkom om my te vra. Ek help graag waar ek kan. Ek het ook van die get go op die La Leche League South Africa fb blad aangesluit. Die leiers daar weet waarvan hulle praat. Hulle kan mens met enigiets help en die mammas ondersteun mekaar ook daar.
Leiers kan ook telefonies help of mens in die hospitaal of huis kom help. Daar is meetings in elke area een keer 'n maand. So julle kan nou al gaan terwyl julle swanger was. Dit het al baie mammas gehelp nog voor baba gebore was want hulle het geweet wat is reg en wat is verkeerd ens.
Daar is gevalle waar mammas glad nie kan borsvoed nie maar dis baie skraal maar soos in Twinkle se geval sal sy sukkel want hulle sny baie goedjies uit in die bors want melk produksie beinvloed. As vir die jungle juice, baie dink dis vir melkproduksie, maar daar is geen bestandeel daar binne wat bewys dit kan melk vermeerder nie. Dit is meer vir energie en bevat ook baie suiker. So, dit kan thrush in jou en baba veroorsaak.
Hulle stel ook voor laat mens nie voor 6weke uitmelk nie bv. as julle iewers heen gaan en bang om te borsvoed ens want die melk word nog in daai tyd vasgestel en kan lei na over stimulation en oorproduksie.
Borspompe is maar ook 'n persoonlike besluit. Julle sal moet kyk wat werk vir julle. Sommige mammas kry meer uit met 'n elektries, ander weer met 'n manual en ander nou weer met die hand.
Wat ek ook net wil noem is dat wat jy met 'n pomp uitkry is geen indikasie van hoeveel melk jy het nie. Geen pomp kom naby 'n naby se suigtegnieke nie. 'n Baba kry baie meer uit. Sommige mammas sukkel met 'n letdown met die pomp en dis wat veroorsaak hoeveel uit kan kom.
Borsvoeding moet nooit seer wees nie. Sensitiwiteit in die begin is normaal maar as jou borste bloei, kraak ens is dit 'n verkeerde latch. 'n Verkeerde latch kan baie probleme veroorsaak - seer tepels, stukkende/bloeiende tepels, gewigsverlies in babas ens. Partykeer het 'n baba 'n lip of tongue tie en kan ook probleme veroorsaak so laat 'n ENT of tandarts gewoonlik kyk want dit kan reggemaak word. 'n leidster kan ook help met dit.
Daar is ook gevalle waar sommige mammas nie kan borsvoed nie MAAR dan pomp hulle exclusively uit vir baba. Daar is 'n mamma op die La Leche League groep wat al vir 4jaar net uitmelk

Sy het ook 'n groep op fb gestig "Exclusive pumpers" of so ietsie wat mammas kan help en ook raad gee oor pompe. So, daar is altyd opsies. Formule het sy plek maar daar is geen formule wat naby borsmelk kom nie en daai maatskappye mislei mammas.
Wees ook maar versigtig om bottel ofdummy voor 6weke te gee. Dit kan lei na nipple confusion en navorsing het al bewys dat dit beinvloed 'n borsvoed mamma se journey geweldig want 'n mamma kan die seine van baba mis wat honger is ens want 'n dummy kan te vinnig gegee word maar dan het baba bors gesoek. Enige borsvoed mammas sal julle kan vertel dat jou bors die natuurlike dummy vir baba is

, dit troos, dit voed, dit gee sekuriteit en soos die een leidster altyd sê, dis 'n mothering tool. Ek kan maar net vir myself praat maar ek wat 'n formule mamma was is ongelooflik spyt dat ek nie met my dogtertjie deurgedruk het. Dis net die amazingste ding ooit, regtig waar!
Sjoe, daar is so baie dinge wat ek kan oorpraat.....fenugreek, prolak, brewers yeast tablette ens kan sommige mammas help met melkproduksie maar dit gaan als oor supply en demand. Hoe meer baba drink, hoe meer melk gaan jou borste maak. Daar bestaan nie so iets soos 'n skedule voiding met borsvoed babas nie. Babas kan elke uur, uur en half tot 2 ure wil drink want borsmelk verteer binne 90 min. As jou baba genoeg nat en vuildoeke per dag het, groei in lengte en gewig en perfek latch, dan maak dit nie saak hoeveel keer of hoe gereeld hulle wil drink nie maar as baba honger lyk na sê maar elke 30 min ens en nie gewig optel nie, dan moet mens kyk na die latch en of daar 'n liptie of tongue tie is.
Onthou net, babas gaan deur groeifases en sal lyk of hulle 'n paar dae vasgeplak is aan die bors hahaha en as hulle siek is, sal hulle ook meer wil drink want jou melk verander konstant vir wat babatjie nodig het. Daar is nie so iets soos flou melk nie en dat jou melk nie voedsaam genoeg is. Jou melk sal altyd net net reg wees vir wat jou kleintjie op daai spesifieke dag kort.
Ok ok, ek sal nou ophou praat. Skree as julle meer wil weet. Ek dink net dis belangrik laat elke mamma net die feite oor borsvoeding het want glo my, baie hospitaal personeel, dokters en pediaters is glad nie opgelei in dit nie een gee net verkeerde inligting deur.
Groete
Juanne