hehe, ek verstaan heeltemal jou OCD tendancies, ek het n man en seuntjie wat ocd is en nog control freaks is.

so ek verstaan waar jy vandaan kom en ek stem saam, mammas wat swanger is worry al klaar oor te veel goedjies dat jy nie nog dit ook nodig het nie. so hulle kan maar vir jou die magtigings nommer gee of dit nou op 12 weke is of 26 weke, sterkte girl!
ek het 'n baby sense sling gekry met die vorige ene, in die begin voel dit bietjie awkward en verkeerd maar as jy 'n manier kry wat vir jou en babs werk is dit eintlik heel nice, veral ons outjies wat nou in die winter gaan kom, gaan dit lekker snoesig wees as 'n koue stoeltjie of pram.
ek het ook nou die dag 'n kangaroo sling ding gekry by my buurvrou. (daai ding wat die baba voor jou bors vasmaak met die bande wat oor jou rug kruis. sal maar sien hoe daai werk. my oudste twee het NIKS van daai gehou nie so ek het my ou ene weggegee. dalk hou die ene van dit.
die apron towel dink ek is 'n niekie, hooded towels werk beter, en soos julle se, wat het water en seep nou al ooit aan klere gemaak? teen die tyd wat baba bad gaan jy mos nou nie opgedress wees nie. dalk is dit vir die elite socialites wat dalk net in aandrag lewe, maar nie vir ons gewone mammas wat gewone klere dra nie. so nee, ek sal eerder daai R300 vat en iets anders vir baba kry