heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 9 months ago #256515 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene - ek moes nie my swangerskap by die medies apart registreer nie. Hulle het gese hulle weet deur al die eise se ICD10 kodes dat mens wel swanger is. So ek het geen kodes vir hulle gestuur nie.

Maar ek dink stuur vir hulle beide kodes, want ja, enige iets kan beslis gebeur.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #256514 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More,

Ilse, toe jy jou swangerskap by die medies geregistreer het, het jy die ICD10 kodes vir normale kraam EN keiser gegee? Ek wil myne vandag registreer, maar ek wonder nou of ek sommer albei kodes vir hulle moet gee....enige iets kan mos gebeur?

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #256513 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal

Hoe gaan dit vandag? Hooplik is hierdie 'n beter week as laas week vir almal. Hoe gaan dit met die infeksies en sooibrand en dinge?

Ek wil regtig nie meer werk nie, ek is so bitter moeg en noudat die naarheid en opgooi terug is, is dit absoluut aaklig.

3x mom - nee, ek het nie 'n dischem sak gekry nie, ek kom nooit eers in dischem nie ;)

My hospitaal is ook seker so 10min ver.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #256491 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ai Dolla, dit is jammer. ek moet ook se, ek het ookal van ander mense horror stories oor hulle nood keisers gehoor, en dan ook nie horror stories nie. dit is maar 'n moeilike ene, ek weet net myne was baie gemaklik, ek het nie seer gehad nie, ek kon ure na die tyd opstaan en loop. kon die volgende oggend baba bad ens. (pappa het natuurlik voorreg gehad om die manne hulle eerste bad te gee)

Ilse, het jy dalk al jou dischem sak gekry?? ek brand van nuskierigheid om te weet wat alles daar in is. ek moet nog 'n paar rand daar gaan spandeer voor ek eligible is vir die sak. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #256486 by zettie
Replied by zettie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hallo julle

Ek gaan ook Louise Leipoldt toe ons woon so 10 minute van daar af
as daar nie verkeer is nie. Ek hoop vir normale geboorte en wil dit
baie rustig doen haha maar ons sal maar sien.

Ek het gesê as ek begin kontraksies kry of waterbreuk wil ek nog stort en skeer en harewas by huis en rustig Hospitaal toe gaan.

Ek het my Toiletrie sakkie darem al gepak vir Hospitaal en gaan einde van die maand kyk vir nuwe winter pajamas met knoppies voor vir die hospitaal. Japon en slippers het ek.

Babakamer sal ek plan moet begin maak ons nog net mure geverf en verdwaalde kot wat geverf staan in die kamer. Manlief bly sê ons hoev eers tebegin worry as daar minder as 100dae oor is maar werklikheid is dat dit vandag 119 dae is omtegaan. Ek is gebore op 32 weke so my ma se mens moet maar voorbereid wees sy het nog niks reggehad nie en toe kom wees ek voor op die wae.

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #256483 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
3xmom ek kan ongelukkig nie dieselfde sê van die nood keiser nie. Ek het soos 'n skaap ter slagting gevoel. Ek dink dis ook omdat dit nie regtig my plan was nie.

Ek moet ook sê hierdie sal my 3de keer wees wat ek OOIT in die hospitaal sal wees...1ste met my eie geboorte...2de my dogtertjie se geboorte (10jaar terug nood keiser)....nommer 2 se geboorte. Ek dink dis ook hoekom ek so bietjie gestress is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #256482 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Twinkle, 'n spoed / noodkeiser is regtig nie soveel erger as 'n gewone ene nie. presies dieselfde prosedure, net op 'n heel ander dag. my Gynae is gelukkig 'n baie rustige engel, so sy doen alles so rustig en werk rustig so jy word nie gestress nie en niemand druk jou in die ding nie. sy verduidelik ook haar redes hoekom en waarom die spoed/nood keiser.

Sy vat nie kanse nie. en jy weet altyd waar jy staan met haar. ek love my gynae!! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account