heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #256481 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek het ook nie gegaan op toer deur die hospitaal nie. Ek en ML het van die begin af besluit dit is die hospitaal wat ons wil gebruik... ons ry eerder die 37km in hospitaal toe van die huis af as om by Unitas wat net 22km van ons is te gaan.

ek het ook nie die voor geboorte klasse gedoen met enige van my outjies nie. dieselfde redes as Twinkle, net ek het nooit by normaal kraam gekom nie. al myne was spoed/nood keisers.

ek is mal oor die maternity ward staff, hulle gaan regtig uit hulle pad om die lewe vir jou gemaklik te maak. almal koer oor jou en maak seker jy is gemaklik - presies wat mens soms nodig het wanneer jy regtig nie lekker voel nie en jou ma baie ver is :P ens. al wat ek laasweek gemis het was die 5 am tee. hulle het nou 'n ander catering company so dit was 'n aanpassing. maar nou weet ek so ek gaan ekstra drink goed saam sleep hospitaal toe volgende keer.

ek het na laasweek besef ek gaan my sakke moet begin pak. of soos HBWoman moet lysies maak vir ML - die arme ou het darem die keer alles gepak gekry, maar die huistoe gaan klere was 'n krisis. hehe, gedink ek gaan die volgende paar weke vat en tasse pak, en bad tassies pak dan is ek gesettle. Ek gaan ook weer die sak koop by die hospitaal wanneer ek gaan bed boek dan weet ek ek is gecover dit is dan net vir laai en ry as ek nou weer skielik opgeneem kan word.

dr het my toe terug gebel. was 'n UTI (urienweg infeksie - slegte ene) en sy het ook gewaarsku dat ek dit weer kan kry. so nou neem ek maar kennis van alle pyne ens in my lyf, goed wat ek vroeer afgeskryf het as maar net deel van swangerskap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256480 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Voel altyd vir my of nood keiser soveel erger is... of kan wees...

Ek het self n epiduraal gevra en glad nie spyt nie eers gedink ek gaan sonder dit maar nie vir lank nie so sal baie beslis weer epiduraal sal sommer vooaf se ...

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256479 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
HI Dames

Ek wil net n asem haal breek vat. Sjoe, my Maandag is blou, soveel werk en kom net nie deur alles nie.

Ons het Saterdag my bed bespreek gekry darem. SOnder die medies het dit heel maklik gegaan. Ons is redelik ver van die hospitaal, volle 18km. Elke keer wat ons daardie kant toe gaan bid ek net dat die kleintjie nie besluit om in spits verkeer te kom nie, want dan is dit maklik 45min na n uur om by die hospitaal te kom. vir ML gese hy moet maar die roetes beplan voor af.

Sal maar nader aan die tyd kyk of ek vroeer gaan afgaan by die werk en of ek gaan deur druk. Ek ook darem nou die half pad mylpaal bereik. Ek vrek vir n glas rooi wyn saam aand ete of na n moeilike dag. Het vir my beeroot juice gaan kry dat ek darem dink ek drink rooi wyn. Gaan nog borsvoed ook, so sal eers Kersfees my wyntjie weer kan geniet.
Ons begin die 20ste April met ons klasse, ek wil soveel moontlik weet, haat dit om soos n verdwaalde spook rond te dwaal en te wonder wat kom volgende. Ons hospitaal toer is ook by die ingesluit. Maar saterdag het die ontvangs ons regtig mooi gehelp en klaar gewys wat ons moet doen ens.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256478 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Twinkle ek hoop self so. My eerste was 'n "nood keiser" sy was 10dae oor my due date. So ons gaan alles probeer om die VBAC te doen die keer. Ek dink dis ook hoekom ML so stress. Ek het ook nie vir die voorgeboorte klasse gegaan nie, ek self is skrikerig vir die normale geboorte. Ek dink ek is bang ek trek kop uit en opt eerder vir 'n keiser as ek al die stories hoor wat almal vertel.

My dr het gesê met die VBAC kan ek enige "pain relieve" kry...so ek dink daaraan om die epitural roete te gaan...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256476 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hoop jy kraam lekker vinnig dat dit n gejaag moet wees ;-). Ek en ML was super rustig ... bly buite die dorp so seker so 20km hospitaal toe. Na my water gebreek het die ogend het ek eers gaan stort en toe het ons baie rustig hospitaal toe gejaag want kontraksies het toe nog nie eers begin nie....

Ek moet ook se ek is van nature baie rustig en ML nog minder as ek gepla. Het ook glad nie vir voorgeboorte klasse gegaan nie aangesien ek gevoel het ek wil eerder toe oe in die ding gaan as wat ek allerhande snaakse stories moet sien en hoor... en ja dit het my 200% gepas om dit so te doen. was vir 12ure in kraam waaarvan ek glad nie eers die asem haal goed moes gedoen het nie ... NOOIT het iemand gese haal so of so asem nie was n baie rustige omgewing en het EEN great nurse aan my sy gehad.... ons het so lekker gechat.

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256474 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek is so 6km weg van myne af, so dis ook seker so 15 minute - dis darem hoofsaaklik teen verkeer. Louis Leipoldt is net af in die straat so te se van my af, dis nogal jammer ek kon nie na daardie hospitaal gaan nie dan kon ek sommer hardloop ;p

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256472 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Twinkle, ML praat van jaag hospitaal toe so ons almal spot lekker.

Hoever is julle van die hospitaal af? Ons is so 15min as daar niks verkeer is nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account