Hi almal. Ek is een van die stilles. Jammer daaroor, ek het net in 'n roetine gesettle met my freelance werk en toe vra my man se baas se vrou my of ek haar nie met haar admin ook kan help nie. Nou vra sy my elke keer in my freelance tyd om oor te kom en dan is ek sommer kwaad vir die wêreld want as ek 'n ding beplan en dit werk nie so uit nie is ek sommer befoeterd.
Ek ook okay met 7 Maart vir die koffie date. My man kan my aflaai en by sy mense gaan kuier vir 'n rukkie
Ons trek miskien! My man kan moontlik 'n nuwe werk kry op 'n plaas tussen Caledon en Grabouw. Ons gaan praat miskien die naweek met die man afhangende van sy skedule. Dis opwindend want dit is 'n baie beter werk as wat my man tans het, hy doen tans instandhouding vinger alleen op 'n plaas, maar hierdie is 'n geleentheid vir hom om instandhoudingsbestuurder te word wat in beheer van 'n span werkers is
Wie is dit wat se plasenta ook aan die voorkant soos myne sit? Ek voel uiteindelik die laaste week lekker vir kleintjie skop en ag dit voel so awesome! My man baie jaloers, ek mag nie eers vir hom sê as baba skop nie, want hy kan niks voel nie...
Ai jinne ek het nou so vinnig deur almal se goedjies gelees en is bitter jammer om te hoor daar is soveel probleempies. Ek bid saam vir julle. Ek volg die whatsapp groep maar vir een of ander rede vat my boodskappe vreeslik lank om deur te gaan as ek reply so het opgegee

Lees maar net saam.
Al wat ek kan sê is ons Hemelse Vader is awesome en Hy voorsien as ons bid... Ek het voor hierdie swangerskap, 3 jaar terug 'n miskraam gehad, en het van toe af gebid dat die Here nie moet toelaat dat ek weer swanger raak as dit weer in tragedie gaan eindig nie, en hier sit ek nou, 23 weke more en Hy het my gebed gehoor! As ek 'n pyn het wat my bekommer, bid ek en weet dat Hy sal sorg dat niks foutgaan nie. Ek dink aan julle en hou julle in my gebede