Dokter het gister gese ek het Bronchitis en 7 dae se antibitioka voorgeskryf, en hoesstroop. Maar ek drink nie die hoesstroop nie, my man het gese hoewel dit veilige hoesstroop is (babas drink dit) kan dit ook sametrekkings veroorsaak (daar's een of ander plant in wat dit kan doen), so ek avoid dit eerder.
Nogal spyt eks net gister afgebook gewees, nou by werk gekom en word natuurlik 'n hoop werk gegee. Verstaan nou hoekom mens eerder by die huis moet beter word!
Twinkle, ek ook gister na baba se klere gekyk en hoewel ek gedink het ek het baie, lyk dit nou vir my asof ek nog n hele paar newborn en 1 - 3 mnde se klere moet kry. Dis so moeilik v my om te besluit oor die sizes want my babatjie is tot dusver klein so ek kan nie uitfigure hoeveel newborn klere ek moet kry nie, en of ek premi klere moet kry nie ens ens ens. Ook gedink ekt baie kousies en mussies - toe nie, sal nog moet kry. Ek kort eintlik nog so baie goed, dis nogal n $$$$ storie

Gaan vandag vir my 'n drom, doeke en bottels op Takealot koop. Die grootste aankope wat nog voorle is die pram en die monitor. Monitor is seker nie altyd nodig nie, maar ek sal net beter voel met een. Ek is paranoies oor veiligheid vandat hulle paar jaar terug by my ingebreek het, en ek het ook die twee honde - die enetjie sal dalk nog rerig by die kot probeer in klim, ha!
Verder is ek bly die dag vir die doppler scan is uiteindelik more! Voel vir my asof ek dan my ingesteldheid oor als reg sal kan kry. Wil net weet wat gaan vir wat. Ek hoop die scan gee duidelikheid oor haar grootte, of sy maar net vanself klein is en of daar dalk probleempie is. Ek is rustig oor die resultaat maar ek voel op die oomblik bietjie in limbo, sal help om duidelikheid te he.