heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 8 months ago #256098 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More Dames,

Ai en ek dog dis net my wereld wat vandag so deurmekaar en onseker is.

Aan al die siek mammas STERKTE en prober maar soveel moontlik rus.

Zettie - ek dink aan jou. STERKTE ons vertrou dat alles vir die beter sal uitwerk.

Ek was gister 29 weke...en ook vir 'n scan/checkup gegaan. Daar sal Dr my medeel dat my plasenta besig is om te verkalk, wat gewoontlik eers later in die swagerskap moet gebeur. Dus moet ons nou maar die sake dophou en sorg dat my hospitaal sak gepak word. Dit hang nou alles af van die spoed waarteen die verkalking plaasvind maar Dr glo nie ek gaan Mei maand nog swanger wees nie. Dus is my datum sommer nou moontlik iewers in April.

Die stress van onbetaalde kraamverlof en moontlike prem baba ens ens het my ook sommer al in trane gehad vanoggend.

Dankie dat julle dames altyd daar is on te luister/lees...

:kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #256093 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More dames

Zettie - ek is so vreeslik jammer oor al jou dramas en worries, dis nou regtig nie lekker nie. En dit help nie ander se, maar moenie bekommerd wees nie, dit werk nie so nie. Maar ons almal hoop en vertrou die sist sal verdwyn, wat darem in meeste gevalle gebeur.

Irene - so jammer jy is siek. Jy moes maar by die huis gebly het vandag ook, netnou raak jy nog sieker. Ontvangsdames kan my ook net so irriteer as hulle probeer voorhou dat hulle alles weet.

3x mom - ek stem, dit het so heerlik gereen, ek het ook 'n ruk lank net gele en luister na die harde reen.

Lagogies - hoe gaan dit met die kontraksies en dinge?

Twinkle - jy moet maar nogsteeds die fotos kom post, ons sal uitfigure wat daar aangaan :-). Baie bly alles gaan nog goed met baba.

Ek is en bly baie baie moeg. Maar nou ja.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #256090 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
3xmom ja ek verstaan dit nie! die ontvangsdame is gewoonlik baie vriendelik. nou wonder ek of sy ooit besef het ek is swanger....dalk het sy gedink ek is 'n gewone pasient wat Vrydag vir checkup kom? Maar dit maak ook nie sin nie, sy kon mos gou kyk vir watter afspraak ek Vrydag kom....

Ek gaan nou maar huisdokter toe vanmiddag, maar as sy antibiotika voorskryf waaroor ek nie seker is nie, of glad nie voorskryf nie, gaan ek my ginekoloog weer bel en vir die ontvangsdame se die dokter moet my terug bel, met geen verdere inligting aan die ontvangsdame nie. Ek voel net sys nie 'n dokter nie so ek kan nie verstaan hoe sy self besluit hoe ek moet maak nie....my dokter het ook al vir my gese as dit of dat gebeur of as my bloeddruk snaaks maak of whatever dan moet ek haar bel. So ja die reaksie van die ontvangsdame was baie weird.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #256089 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene,

nee jy is nie onredelik nie. my gynae het vir ons 'n lysie gegee waarvan ons kan werk. en sou jy enigsins wonder is sy obviously jou eerste keuse om te bel. want alles wat by jou mond ingaan affekteer direk jou baba. so hulle weet baie beter omdat dit hulle spesialiteits veld is.

ek het nou die dag my gynae gebel oor die maagspier wat geskiet het. ek het met die ontvangsdame gepraat en sy moes by die gynae uitvind, so toe bel sy my terug. hulle moet weet dat jy hulle eerste gaan bel

ai jammer dat jou gynae se ontvangs dame nou sommer so misluk met jou was. en sterkte met jou afsprakie vandag, hoop jy kry goeie medisyne wat jou sommer gou gou op die been gaan he. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #256087 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Dankie Twinkle,

Ek voel sommer ekstra geirriteerd, ek het gister by die huis gebly en ek dink ek moes vandag ook, maar ek is nou maar een van daai mense wat skuldig voel as ek by die huis bly, nou sit ek hier by die werk en kry myself vreeslik jammer. Ekt nou vir my supervisor gese ek het 14:45 doktersafspraak toe se sy net oukei dis reg. Nie dat ek maar vroeer kan loop of iets nie, hoewel sy self ook asma het en weet mens kan siek raak met die goed. Ag maar ek is net oorsensitief probably, dis immers my eie besluit gewees om in te kom.

Ek hoop net nie dit raak erger nie, ek moes eintlik gister al dokter toe gegaan het, maar toe was dit nog nie in my bors nie.

Haffie, my nefie is 'n dokter en hyt vanoggend vir my gese dis fine as my dokter vir my Augmentin voorskryf, ekt vir hom gevra of dit fine is vir baba toe se hy ja. So ek sal nou net by my huisdokter weer hoor (dis juis hoekom ek graag eerder met my ginekoloog wou praat!!). My man se daar is baie antibiotika wat veilig is tydens swangerskap so ek sal nou maar hoor wat my huisdokter se.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #256085 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
HI Irene L STERKTE

Dis aaklig om siek te wees want die panado doen nie veel nie. Met my eerste swangerskap het ek antibiotika gedrink hulle sal vir jou veilige antibiotika gee vra sommer watse probiiotika kan jy saam dit gebruik ....

STERKTE vir jou dag

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #256084 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal,

Ek is bietjie geirriteerd. Ek is siek, slym op my bors. Ek bel toe my ginekoloog se spreekkamer, net om vir ontvangsdame te vra om my dokter te vra of sy voorstel ek gaan dokter toe daarvoor, en of ek eerder antibiotika moet kry daarvoor.

Ontvangsdame klink toe so half asof sy nie weet hoekom ek hulle bel daaroor nie en se net ja ek moet huisdokter toe gaan veral as ek asma het.

Ek sou elke geval huisdokter toe gaan, maar ek voel ek wou he my ginekoloog moes weet hiervan. Dit raak mos my baba. Ek weet nie of ek onredelik is nie, maar as ek geirriteerd dat die ontvangsdame nie eens gese het sy sal my dokter inlig nie.

Ekt nou vanmiddag 'n afspraak by my huisdokter, maar ek gaan Vrydag by my scan vir my ginekoloog vra of haar ontvangsdame haar gese het ekt gebel.

As ek nou vanmiddag antibiotika kry, dink julle ek moet weer die ginekoloog se spreekkamer bel sodat sy weet ek gebruik nou antibitioka, of moet ek haar dan maar eers Vrydag se?

Arg.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account