More More!!
Sjoe julle dit lyk vir my soos 'n holderste bolder week die. Ons is baie besig by die werk.
ek het toe oor die naweek daai shakes (mom2b sample) probeer. dit is darem nie te sleg nie. en maak nie naar nie
By my is dit maar stil nie veel nuus nie. Dankie almal vir my verjaarsdag wense oor die naweek!!! waardeer almal se goeie wense - julle is dierbaar !!
Zettie, jy en jou gesin is in my gedagtes en gebede. Ons glo Liewe Jesus gaan daai sist laat verdwyn!!
Lagogies, hoop dit gaan goed vandag, ek het so bietjie op whatsapp gevolg maar my data is nou klaar so nou is ek stuck...

kan nie meer volg op tot die einde van die maand nie. tensy ek gelukkig is om wifi by die huis te vang.
ons het die awesomeste donderstorm deur die nag gehad, ek het op 'n stadium gedink ons gaan wegspoel. dit is so lekker gewees vanoggend om die deure oop te maak en die vars skoon reuk van buite af in te kry. ek is mal daaroor!!
nou ja. lekker daggie julle!! en ek hoop dit gaan goed met almal