file September 2010 mammas

16 years 2 months ago #80150 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Halloooooo


Waar is julle almal...ek raak bekommerd as julle so stil raak...???

Hoop dit gaan goed met elkeen van julle, dit is darem al Woensdag vandag!!

Geniet die dag!!
Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #79761 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hi julle...

Welkom terug Vicki.....

#Eileen dit klink heel besig aan jou kant, jy is seker bly dat alles eers kan wag met jou Ex to Izibella gebore is...en jy het jou BS om na uit te sien.....yeah!!

Ek het vandag nogal gesuffer, peanut het heeldag op my blaas gedruk...so ek het die loo run heeltyd gedoen.....moet se die steek pyne van die skoppe help ook nie, voel somtyds moeilik om regop te loop...darem nie meer so lank nie.

Hoop julle het almal 'n lekker middag!!

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #79086 by Vicki
Replied by Vicki on topic Re:September 2010 mammas
Hallo Almal,

Ek het vreeslik lank laas kans gehad om bietjie te gesels, gewoonlik kom ek net halfpad deur die thread gelees voor die werk weer my aandag soek.

Ek het nou besluit genoeg is genoeg en het verlede week Donderdag en Vrydag verlof gevat en gaan baie hard probeer om dit rustiger by die werk te vat.

Ek het erg hot flushes en "dizzy spells" begin kry. Het enigiemand van julle dit al ervaar?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #79045 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hallo almal!

H, moenie alleen voel nie, ek dink ons almal alternate maar tussen trane en woede.

My hofsaak is vanoggend uitgestel tot die 21ste September. Ek het dit verwag, maar mens stress maar altyd. God was goed, een van my vriendinne was wraggies ook daar vir haar onderhoud saak, so ons het lekker gesit en kekkel. Van al die senuwees vergeet. Hopenlik sien die ex en sy prokureur nou dat sy saak fataal is, hy dagvaar my vir 50% skoolfonds, maar hy verdien dubbeld my salaris! Ek dink regtig hy was onder die indruk dat ek meer verdien. Shame....

Nou kan ek al die stress agter my sit en uitsien na my gynae afspraak Donderdag en BS die naweek!

Ons het die compactum laat design Saterdag, wag nou vir die Quote sodat hulle kan begin bou aan die ding. Die kas gaan omtrent 2.8m lank wees, met 'n hangkas gedeelte, groot laaie, en rakke. Manlief is klaar met die houtvloer, so nou not net die border! En dan moet hy die cot tackle.....en die onderste vloer se nuwe vertrek...

Ek hoop julle het almal 'n wonderlike week vol aangename verassings!!!!

PS. Ek voel soos 'n nuwe mens nadat ek die Diabetic Dieet begin volg het! Dat suiker 'n mens so sleg kan laat voel!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78639 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle almal,

Wel hier is ons weer by Maandag!!
Hoop julle het almal 'n lekker naweek gehad???

Raai wat...die pregnancy blues het my nou beet, ek huil vir enige ding, my liefste man kan net vir my skeef kyk dan is ek in trane...en dan het ek ook nog peanut se bedlampie gebreek toe ek goed wou skuif in die kamer...toe loop die trane eers....moes my seker een of ander tyd tref.....

Hoop julle geniet die res van julle maandag!!

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77528 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hello almal!

H, ek is met jou op die een...Hallelujah dis Vrydag! En dis my vroee Vrydag! Ek het 4 weke laas ene gehad.

Izibella se verf is gedoen...awh die kamer lyk so warm en cozy.

Ongelukkig beteken swanger nie dat jy af kry op jou ander verpligtinge nie...Abigail was gister ortodontis toe en die arme kind het gekrul van die pyn die hele nag. En natuurlik dans sy nog na skool ook en ek is die gelukkige wenner om al die girls vandag te vat....Grace het 'n playdate so dis darem 1 minder om oor te worry. Na dans moet ons jaag om DH betyds by die werk te kry. Ok, ek is sommer uitasem en moeg net om daaraan te dink!

Hopenlik is more rustiger...tussen die kas shopping en kinderpartytjie deur...ja ja wishfull thinking.

Mag julle almal 'n lekker dag he!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77511 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
More almal...

Dis Vrydag...........yeahhhhh!!!!

#Baie geluk met jou verjaardag Cornitalia.....hoop jy het 'n stunning dag en dat al jou stoutste drome sal waar word!!

#Bly dit gaan goed met jou Natsie...sjoe die tyd kom nou vinnig nader!!

#Welkom terug Lulu, my datum was ook die 17e, maar ek gaan nou 'n keiser he op die 9e...

# Eileen wat kan ek se....die minste dae oor van ons almal....yeah...dis so exciting...moet se ek kan beaam oor die skoppery...dit raak darem rof partykeer.

Ek het gehoor my BS is die 14e Aug....logistically is dit net beter as ek weet want omdat my skoonma en baie van my vriendinne van ver af kom...en van hulle sal dalk moet oorbly....wel ek weet die datum...maar weet nie wat hulle gaan doen nie...darem kan mens dan beplan....

Hoop julle het almal 'n stunning dag en as ek nie weer hier op is nie...'n stunning naweek!!

H

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account