file September 2010 mammas

16 years 1 month ago #83204 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle hoe gaan dit vandag?

Gaan baie goed dankie en is nie lus vir kla nie maar genugtig is ek vandag poegaai! Soos Eileen sê nog 'n daggie nader of wat sal ons sê? Gaan dit verseker nie weg wens nie!

Hoe was almal se naweek? Ek't my lysies gemaak vir my en baba se hospitaal tasse en daar is nog so paar goedjies wat ek sal moet gaan koop maar darm nie train smash dinge nie.

Ons het vrydag aand ons seuntjie gevat om Shrek te gaan kyk, wat 'n klomp snert! Wel persoonlik is dit net vir my belaglik om sulke evil dinge in kinder stories te sit! As ek dit geweet het, het ek hom nooit gevat nie! Die voorskou is te pragtig!

Ja voor ek weer wil begin kerm nog 'n daggie nader! lol ek is net so moeg kan nie my oë oop hou nie!

Aai jai jai girls wat sal ek sê?

@Hanlie so jammer die indaba was so groot teleurstelling!

@ Eileen het by baby boom daardie pienk NUK dummies gesien in die houertjie maar daar is 'n blommetjie of 'n bytjie op toe dink ek aan jou! Het vir Micah 'n bloue gekoop maar ek weet nie eintlik hoekom nie hy het reeds 4 dummies maar nou ja my verskoning was ek soek die houertjie vir sy dummies! Het twee cute mussies ook gekoop 'n bloue en 'n witte ek soek nog 'n cream een vir een van sy outfits maar kry nie ek het baie blou al maar geen cream maar ek sal maar nog soek!

Julle moet bietjie by Toys R Us gaan kyk vir mittens hulle verkoop 2 pare vir R20 dis verniet ek het met Jean R55 per paar betaal!

Almal raak nou swanger om my eers het my vriendin se sussie swanger geraak sy is nou al so 20weke laas week Dinsdag het my sussie my gebel en gesê sy is weer swanger (baba nr 3) en later daardie dag het my vriendin wie se sussie ook swanger is my gebel en ook gesê sy is swanger (sy is 8 Mei getroud wittebroods babatjie) Genugtig so bly ek is ek en nie hulle nie! Maar ek weet ook dat ek weer lekker broeis gaan word as hul babatjies gaan kom want dan is Micah al ouer!

Wel dat ek vir eers bietjie stil bly en tata sê.

Geniet die res van die dag.

Hugs vir julle xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #83196 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
H, ons het dieselfde gevoel oor die Baba Indaba....en ons het 180km ver gery vir dit!

Julle, I'm done, this is it! EK IS GATVOL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ek het 'n abses in my tand! Gimme a break already. En natuurlik kan ek net sowel Smarties eet vir die pyn....o ja.....ek mag ook nie Smarties eet nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

As nog een persoon, insluitende my Gynae, vir my se ek kan Panado's drink met 'n smile op hulle gesigte, kan ek nie verantwoordelik gehou word vir my aksies nie.

Ek het 3 jaar terug R30 000 spandeer aan my tande, root canals en porselein krone op al my tande laat doen. Laas jaar moes ek een laat uitsny in teater, en nou volg die een dieselfde roete! Wat de hel! Wat doen tandartse van vandag!

Ek is lus en skree op die naaste persoon. Die pyn is absoluut unbearable en ek is nou al so geirriteerd dat ek sonder om te skroom iemand se kop sal afruk!

Die volgende 3 weke moet nou net gou verbykom. Anders gaan ek nog met my gat in die tronk ook sit vir aanranding!

Ek hoop julle het 'n beter dag! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #82911 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle almal

Hoop julle het darem 'n lekker naweek gehad?

#Eileen ons weet joune was lekker met die BS en al, sjoe dit is darem groot bederf. Sterkte met manlief, shame dit is die beste ding nou nie, pas jouself maar op!

Wat die Baba Indaba betref was dit 'n groot dissapointment vir my...ek en manlief was binne 'n halfuur in en uit.....baie goed is maar net 'n geld maak storie, en ons het eintlik besef dat ons nie meer so baie nodig het vir peanut nie!!

Nee Eileen, nog geen tassie gepak nie, gaan nog eers my goedjies die week kry...mamma kom mos altyd laaste. Maar peanut se goedjies is so te se reg, moet net uithaal en pak!

#Natsie, jy is baie gelukkig dat manlief jou so bederf....

Hoop julle het almal 'n lekker maandag verder!

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82627 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
LULU C, waar bly julle? Wie is jou gynae?

Ons bly in Richardsbaai, en ek het ook my volgende gynae afspraak die 5de Aug! My gynae is Dr van der Walt. Wou nie na Warnich toe gaan nie, hy het met al my maikies baklei oor hulle gewig.

Ek het my BS gister gehad! Wat 'n wonderlike oggend. Dit is by 'n spa gehou, en elkeen is gepamper. Ek het die heerlikste Pedi gehad. My girls het elkeen 'n hand massage gekry. So sweet. Ons het die pragtigste goedjies gekry. Izibella is een baie gelukkige dogtertjie.

DH is grieperig! Ai, bad bad timing, ons loop maar draaie om mekaar, want ek kan nie nou weer siek word nie.

Ek wil vanoggend gou my lysie van goedjies wat ek nog wil koop finaliseer en dan die shops invaar. Alhoewel dit seker nie die beste idee is nie, want hier is net nie meer plek vir als nie. Ons kas behoort eers in volgende week hier te wees. En DH is nog besig in die kamer, so daar kan niks ingaan nie. Ons inloop kas is so vol, jy kan skaars daar ingaan.

Ek dink ek het darem nou als vir die hospitaal, het uiteindelik Vrydag surgical spirits gekry. Die bleddie goed het al by my begin spook.

Is van julle se tas vir die hospitaal al gepak? Ek is baie relaxed want ek gaan mos vir 'n keiser..hehehehe....seker nie baie wys nie!

Hanlie, hoe was die Baba Indaba?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82374 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Hi daar

Eileen ek dink 'n matras is nodig vir camp cot wel ek het een in my cot dink nie daardie een wat saam met die cot kom is voldoende nie dink dis maar net om die base ferm te hou? Ek het 5 fitted sheets en 5 fitted waterproofs vir die cot.

My neus bloei ook skielik van niks baie snaaks het nou die oggend op gestaan en toe ek my neus blaas het daar so lang klip harde stuk bloed seker so 2cm lank uit my neus uit gekom (jammer vir die TMI) maar dit was ge-rous! lol

Ek wens ek kon die naweek net slaap en slaap en slaap ek dink ek het baaaaaaie rus nodig! Voel soos 'n zombie!

Stap gister by die huis in, julle sal nie glo nie daar blink alles van hoek tot kant al my wasgoed gestryk op gevou en weg gepak, vloere gewas ag daar was net niks uit plek uit nie my hele huis was skoon. Raai wie? My liefste man! Ai ek is hom ewig dankbaar!

Julle moet almal asb julle naweek geniet en take it easy!

Hugs en dankie dat julle almal altyd so mooi luister! Julle is great!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82366 by Vicki
Replied by Vicki on topic Re:September 2010 mammas
Ek het gesien met my eerste ene dat 'n mens maar 'n ekstra matras moet he. Die matrasse vat vreeslik lank om droog te word en jy kort net een glipsie 3 uur die oggend met geen spaar matras om spyt te wees jy het nie ene nie.

Ek het 4 paslakens gemaak, die goed is vrek duur en nie te moeilik om self te maak nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #82327 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Ek het darem net die eerste rukkie geswel, ek dink dis te danke aan ons verskriklike humiditeit en hitte.

Deesdae moet ek so versigtig wees met my trouring en verloofring want hulle val sommer af.

Hanlie, geniet die Baba Indaba. Ons s'n in Durbs was nie die moeite werd nie. Hoop julle s'n is beter.

Izibella se blinds is reg! Nou not net haar kas wat moet kom. En dan moet pappa die cot tackle.

Het julle matrasse vir julle campcots ekstra gekoop? En hoeveel fitted sheets het julle vir cot en campcot? Ek wil die laaste goedjies die naweek kry. Kort nog 'n dummy (het nog net 1 pienke) en linen vir die matrasse.

Vanoggend uit die bloute begin my neus bloei...strome! Ek het 'n hele halfuur gesukkel om hom te stop. Dit was nou regtig nie fun nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account