file September 2010 mammas

16 years 3 months ago #50101 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle almal,


wel het my eerste oggend op vakansie heel goed spandeer, ek en manlief is deur baby city, en het solank op 'n pram en camping cot besluit, yeah dinge kom darem na 'n kant toe....

# Eileen aai tog as dit nie die een ding is nie dan is dit die ander hey, kan hy jou forseer om skoolgeld te betaal?

wel verkoue is nog steeds vol aan die gang, darem kan ek dit net rustig vat....die hoesery help nie....want julle het seker al gehoor wat gebeur as mens hoes en mens is so ver swanger glad nie lekker nie....

wel geniet die res van julle middag!!
han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #48961 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Kan ek nie maar net vir die volgende 2 maande hiberneer nie?

Ek het 'n oulike geskenkie vanmiddag gekry....dagvaardiging van die ex. Hy wil he ek moet helfte van die skoolfonds betaal. Wonder of ek nie maar moet aanbied om sy kar en huis ook te betaal nie? Aangesien ek als in anycase betaal. Ek sien my prokureur die 22ste in Durban. En moet die 17de Julie in die hof wees. Lovely! Ek try nog uitfigure wie die stupidste is...hy of sy prokureur, want duidelik het hulle nie mooi die skikkingsooreenkoms gelees nie....maar nou ja, ek het hulle try waarsku. Net jammer ek moet nou about R10 000 betaal aan regsonkostes vir hulle stupidity.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #48435 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Ok nee wat, die retard het nie nou die geduld om die pic idee uit te figure nie, weet enige van julle hoe?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago - 16 years 3 months ago #48417 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Ek gaan darem oorleef! Hehehe, ek het 'n virus in my klier...wat dit ookal beteken.

At least is dit nie pampoentjies nie. Net nog 'n kursus antibiotika gekry. My huisdokter raak nou al verbouereerd as hy my sien. En vir some reason mag ek nie in die publiek kom tot maandag nie, hy is bang ek kry nog goggas. Ek dink as hy sy sin kon kry het hy my belet om heeltemal uit my kamer te gaan die volgende 10 weke.

Hanlie, jy moet jou holiday geniet, al is ons ander groen van jaloesie! My poppe is Maandag al weg. Dis darem vandag al dag 3....ek is gewoonlik halfpad ok teen dag 3.

Sussie se Tutu vir haar muur is klaar, ek sal try om 'n pic te post.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #47795 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hi Eileen,

Wou nog sê sterkte, jou bokkies gaan mos vandag na hulle pa toe as ek reg onthou....

onthou ons is altyd hier om te chat...

h

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #47764 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
More almal,

Aai tog ek het alweer verkoue, kan julle glo, die Kaapse weer hierdie jaar was maar net nie goed vir my nie.....wat kan mens nou weer drink, laas het ek gesond geword op heuning, gemmer en suurlemoen...dit het net lank gevat?

hoop dit gaan goed met elkeen van julle!! Welkom Lulu!!

# AAai Eileen, so waar sou jy nou pampoentjies aangesteek het? laat weet asb wat die dr. sê. Kan dit enige implikasies op die swangerskap hê? Skuus ek vra, ek ken ook maar nie al die goed nie....

# Leila jy is gelukkig met die skoppery....maar ek kan saamstem die rugpyn begin my ook nou beetkry....

#Hi Natsie, jy was die laaste tyd so stil? Geniet die dr. vandag en kom vertel ons alles.

vandag my laaste dag...yeah vakansie!!!

hoop julle het almal sommer 'n stunning dag!!

Han x

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #47695 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Ag nee hel! Ek was gou na werk by die suster....lyk of ek pampoentjies het!!!!!!!!!!

Sal more 1st thing doc toe gaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account