file September 2010 mammas

16 years 3 months ago #47008 by Leila-S
Replied by Leila-S on topic Re:September 2010 mammas
Eileen sterkte met die vakansie! Hoop maar dit gaan baie gou verby.

Dis so bad van huggels. Sondag by die kerk was daar n seuntjie wat gedoop was. Hy was 1 van n tweeling en hulle was ook op 24weke gebore. Die een se hartjie was nog nie sterk genoeg nie en het so rukie na geboorte is hy dood.

Kan nie glo ons almal het so min tyd oor nie. ek het darm nog so 14weke oor. Gaan saterdag weer dr toe, kan nie wag om die kleinding weer te sien nie. Moet se eks gelukig sy skop my net by my naaltjie en nou en dan meer onder toe. Dis net die erg rugpyn wat my nou onder kry.

Lekker dag vir julle.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #47000 by LuluC
Replied by LuluC on topic Re:September 2010 mammas
Ha Ha Ha, dit is so!

Ja dit is vreeslik van Huggies!! Kan myself nie indink hoe dit moet voel nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #46985 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Welkom Lulu!

Natsie, die tyd vlieg nou hoor! Ek het so 10 weke oor. Doc het nog nie 'n indikasie gegee van wanneer hy die keiser gaan doen nie.

My hart bloei vir Huggles. Dit moet so erg wees!

Weet julle wat is nog bad...pee patrollie! Dit voel asof jou blaas gaan bars, en dan hol jy teen 'n spoed wat superman sal laat skaam kry badkamer toe, stamp enige iemand wat in jou pad staan dat hy doer trek....en dan is daar net 4 druppeltjies!!!!!!!!!!!!!!!!!!! I mean, COME ON!!!!!!!!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #46928 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
More almal

Hoe gaan dit vandag?

Gaan baie goed met ons jong net aan die gang.

Gaan more weer dr toe kan nie wag om ons Boeta weer te sien nie! 27weke 3dae vandag. Vandag oor presies 11 weke hou ons ons nuweling vas whoop whoop, kan nie wag nie!

Baie hartseer vir Huggles! So baie sag wat gebeer het!

Ek dink boetie dink my blaas is 'n trampoline, lag lekker as hy daarop trap of druk. My man dink ek is nie lekker nie, ruk elke keer van die skok en dan moet ek eers verduidelik dat dit voel asof ek wil pee dan moet ek knyp en dan verstaan ons weer!

Andersins voel ek baie goed geen klagtes nie.

Lekker dag vir almal en moet nie te hard werk nie.

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #46874 by LuluC
Replied by LuluC on topic Re:September 2010 mammas
Hallo almal, ek is 25 weke swanger met my 2de kind ('n seuntjie, my eerste is 'n dogtertjie). Het op die Pampers forum gesels toe ek swanger was met my dogtertjie. Lekker daggie vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #46556 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hahaha, Hanlie, daai blaas skoppe is die pitts!

Dis wanneer sussie die meeste geselskap kry...'ai sussie, klim asb van mamma se blaas af'...'sussie, draai bietjie om asb poplap'...'SUSSIE!!!!'....

Ek voel darem bietjie beter vandag. Elke dag sal dit hartseer beter word.

Hoop elkeen het 'n amazing dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #46496 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle almal,

Hoop julle het 'n lekker nagrus gehad, hoe gaan dit met al die mammas en babas....?

Lyk my die skoppery raak net erger hoe groter hulle word, ek moet sê ek dink ek begin nou voel hoe peanut omdraai ook, en dis nie so lekker vir my blaas nie!!

wel nog een daggie vir my....


lekker dag vir julle
Hanlie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account