file September 2010 mammas

16 years 3 months ago #38025 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
More almal,

Ek is bly om te sien ek is nie enigste een wat kla van moeg en swl nie.

Moet se ek was gister in die bank verbaas mense het my voor laat gaan staan omdat ek swanger is en hulle verstaan, ek was nogal geskok gewoonlik gee mense nie om nie.

Ek moet se ek brand om goed te koop maar ek weet my shower is die naweek. weet nie waneer nie though maar ek weet wel dis die naweek.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #37908 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hello almal!

Ons internet was gister by die werk af, en by die huis het my man die plugs afgesit om die babakamer se bedrading te doen.

Hanlie relax, da is nog baie tyd...I keep telling myself that...hehehehe. Jy moet verstaan dat ek 10 jaar terug 'n baba gehad het, en meeste van die produkte het BAIE verander!

Soos ek gese het, gaan ek moet juggle tussen 'n hele paar dinge as bubs eers hier is, so ek probeer so goed moontlik voorbereid te wees om onnodige time consuming aktiwiteite uit te skakel.

My nommer 1 artikel op my lys (wat my baie lank gevat het om aan DH te verduidelik) is 'n 'Lazyboy'. Glo my, in die nagte wat bubs nie wil slaap nie, of niggly is, is dit 'n lifesaver. Ek wil ook 'n 'swing' he om haar besig te hou terwyl ek kos maak of help met huiswerk. Yes, ek het twee 'babysitters' maar hulle het huiswerk en dingetjies van hul eie om te doen in die aand. My persoonlike opini, is dat 'n 'carry cot' baie handig is die eerste paar weke. Dus koop ons die duurder Graco Travel System wat een by het. Verder gaan ek maar op wat vriendinne aanbeveel. Soos die nappy bin (apparently 'n MOET), die Angelcare monitor met sensor pad, die bambino stoeltjie ding, die mesh badseat. En natuurlik genoeg klere, spoegdoeke en komberse vir 7 dae...hehehehe. O ja, en 'n tip, koop 'n paar 'prem' kleertjies, baba is gewoonlik tussen 2.5kg en 3.5kg, en newborn klere is dan nog te groot mamma. En daar word sommer baie foto's van die nuwe mensie geneem in die begin en dan versuip hulle gewoonlik in hulle klere! Woolies, Edgars, Ackermans het soms prem klere. Dis ongelukkig nie baie volop nie. Maar stock eerder op as wat DH moet rondhol vir kleiner klere as baba gebore is.

Natsie, die moegheid het ook sak en pak weer by my kom kuier! En my voete was gisteraand SO geswel! Lyk my die 3de Trimester is oppad met 'n BANG!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago - 16 years 3 months ago #37534 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Hi daar

Hoe gaan dit nog met julle dames? Gaan baie goed met ons.

Wil net gou hoor of daar enige van julle is wat ook skielik net begin moeg raak soos in die eerste paar weke? Genugtig jul sal my nie glo nie maar ek het die laaste 2 aande 20:00 saam met my seuntjie gaan slaap en is al vir 2 dae ongelooflik moeg kan my oe nie oop hou nie!

Verder gaan ons maar aan, my skoonpa het gisteraand my man gebel om te hoor of iemand al vir my 'n stork tea gehou het want hulle wil ook baie graag kom (hulle bly in bloem ons in pretoria). My man sê toe vir hom nee nog nie maar my ma gaan nog vir my een hou maar hy weet nie wanneer nie maar ons sal uitvind en hul laat weet! Dit suck sooooo ek het nie daarvan geweet nie en wou ook nie daarvan weet nie, nou weet ek as hulle kom kuier gaan die stork tea wees. Kan nie glo hy spoil die surprise vir my nie! Ek is so vies.

Julle moet 'n baie lekker aandjie he en rus maar goed uit vir more.

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #36990 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo almal,

Eileen jy het my in 'n slight panic gesit oor al die goed wat nog gekoop moet word.....waar is ons gesoute mammas, maak bietjie vir ons 1st time mammas 'n lys van al die essentiele goedjies wat mens moet hê?

Seblief

H

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #36166 by Leila-S
Replied by Leila-S on topic Re:September 2010 mammas
Goeie punt. Verstaan nou wat jy bedoel. Ek doen alles maar nog self omdat ons op n plot bly en ek nie rerig iemand heeldag alleen in my huis sal vertrou nie. Sal maar ook moet seker maak ek het alles en genoeg van alles.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #35967 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Leila, ek is lui ok. Ek het 2 bediendes wat een op 'n Dinsdag en een op 'n Donderdag kom, die donderdag bediende doen net die wasgoed en die dinsdag bediende maak net huis skoon. So ek reken dat 14 komberse genoeg sal wees....ek weier om wasgoed te was tussen-in.

Ek gaan moet multi-task tussen 'n baba, 2 dogters met huiswerk, ballet, sport ens, 'n voltydse werk (tot 5 uur), kosmaak, en my man. So verstaan waar ek vandaan kom, ek wil nie tyd moet afstaan aan onnodige goed soos wasgoed was nie. Dus probeer ek om so voor te berei dat ek nie tyd aan onnodige takies hoef af te staan nie.

Ek glo nie mens het soveel komberse en klere regtig nodig nie. Maar ek wil 'stock' van als he vir 7 dae.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #35863 by Leila-S
Replied by Leila-S on topic Re:September 2010 mammas
Sjoe Eileen, 8 komberse vir die baba? ek het gedink so 4 sal genoeg wees! Moet se ons was baie gelukig ons het baie goedjies gekry, al wat ons eintlik al gekoop het is doeke,bottels,nappy bin, steriliser en dummies. En moenie al die speelgoed vergeet nie.

Sal maar n lys moet maak van alles wat ons nodig gaan he.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account