file September 2010 mammas

16 years 4 months ago #35509 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Wel, shopping reeds gedoen:

Breast pump
Angelcare monitor
Avent Microwave Bottle Steriliser
Pienk Nappy Bag
Toy arch vir die pram
Camp cot
Breastfeeding pillow
Vest x 10
Babygrows x 6
Blankets x 8
Cloth nappies x 6
Nappy bin
Nappies x 4 packs
Hooded towel x 1
Wooden cot

Shopping om te doen:

AL DIE RES VAN DIE 1000000 GOED WAT BUBS NODIG HET...

Timeline....3 maande!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #35449 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Julle is almal so organised, ek en manlief gaan Sondag ons eerste baba shopping doen...ons het sover al bietjie goed gekry.....ons het nog net'n starter pack met bottels gekoop!!!

so moenie praat van panic nie!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #35247 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
More almal,

Ek het gister met 'n skok besef dat ek alweer volgende weer doc toe gaan! Waar het die tyd heen gegaan? My oudste vra my nogal gister wanneer ons weer gynae toe gaan, en ek vertel haar mooi dat dit nog laaannnk is, meantime is dit volgende week. Dis net scary hoe die tyd gevlieg het.

Ek wil nie eers oor die bouery praat nie. Manlief het gister besluit ons teel die hele huis onder.....die teeler begin vanoggend teels uitkap. Want die huidige teels is grof en sussie gaan nie wil kruip daarop nie en dis moeilik om ordentlik germ free te kry. Natuurlik het ons nog nie eens nuwe teels gaan kyk nie...so ek sal maar vanmiddag gou wegsluip sodat ons dit kan gaan kies en koop.

My oudste se vissie het pakket gevat vanoggend, maar darem was dit nie 'n tranedal nie. Sy was bly...

Ek het 'on top of things' gevoel so paar weke terug, maar begin nou verbouereerd raak, dit voel of ek weke agter is met baby shopping. Ek het darem gister Biggie Best gebel en uitgevind oor die Baby Rocker. Maar ons moet self Durban toe gaan om die materiaal te gaan kies...WHEN????? En delivery vat 6 weke!

Julle moet 'n lekker dag he!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #35196 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Yeah, julle is almal weer terug, dis so lekker om weer van julle te hoor!

*ONel, moet nie te hard werk nie hoor...onthou die is 'n tyd vir jou om die swangerskap te geniet...Moet sê ek sukkel nog nie so baie soos jy en Eileen met die sooibrand nie..kry dit net so af en toe....lyk my ek het dit nogal maklik....(dalk moet ek nie te vinnig praat nie... he he). Die skoppery kan ek wel beaam is nogal erg partykeer..maar ek moet sê peanut is nie skaam om daai karate skoppe vir pappa te laat voel nie....kyk dan blom my man se gesig darem!!!

*Eileen ek hoop vir jou part dat dinge bietjie vinniger sal gaan en dat die bouery vinnig sal klaar kry....onthou net dis jou man se werk om julle op te pas.....!! Sterkte met die sooibrand, dit kan nie lekker wees nie!

*Natsie, welkom terug...wildtuin klink lekker, shame om te hoor van al die swellery...ook ek dink ons almal begin nou bietjie uitsit..my man het gister by die gym hoeka gespot dat my maag nie meer gaan impas by van die masjiene wat ons doen nie....

Ons beplan ook miskien 'n vakansie'tjie op Transvaal toe, bietjie my familie te gaan sien, dit sal einde Junie wees, dit is ver ry van die Kaap af en ons gaan almal by 'n wildsplaas kuier iewers naby Warmbad...so hopenlik as ons nou besluit om te gaan sal die swellery wat jy sê Natsie...nie so erg wees nie!

Julle moet almal 'n lekker daggie hê, praat later weer!

H x

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34846 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Hi gals

Hoe gaan dit nog met julle? Gaan baie goed met ons. Moet nie dink ek het julle gelos nie ek is net ongelooflik besig by werk en DH het ons laasweek bietjie Kruger Wildtuin toe gevat het eers Sondag by die huis gekom! Sal julle se ek het so aaklig geswel van al die ry dat ek net gese het ek ry nerens weer heen voor baba hier is nie! Dit was ongelooflik darm het dit vinnig af gegaan nadat ons by die huis gekom het net lekker gele en wag vir die swelsel om af te gaan was Maandag Oggend weer heel normaal!

Verder gaan dit goed met ons ek lyk net soos 'n seekoei maar dit like ek ook! Skielik so bewus van my swangerskap al die skoppies en ag net die voorreg om my en my man se kindertjies te kan dra! Klink seker corney maar dis lekker!

Volgende Dr afspraak eers weer 9 Junie 27 weke 4 dae kan nie meer wag om vir Micah te sien nie!

Julle moet 'n super dag he

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34752 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
ONel, ek is bly ek is nie die enigste een wat bevliegings in die bed kry nie...ek spring ok regop en dan begin ek giggel. Ek dink ek gaan ipv koeldrank saam met my etes vir my 'n glas Gaviscon/Adco Medgel ingooi en saam my kos drink! Dit voel of ek net na kos kyk, dan kry ek sooibrand.

Maandeinde is darem amper afgehandel...nie dat dit my veel pla vandag nie, ek is op 'n 'go slow'...nie veel geslaap gisteraand nie. Ek het regop voor my girls se bed gesit en wag dat iemand deur die nuut ingeboude venster gaan try klim...ja ja ok, ek weet, groendakkies het 'n spesiale plekkie vir my. Nie seker of ek die swangerskap vir die een kan blame nie, but ek gaan sure as hell try! Hehehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago - 16 years 3 months ago #34675 by ONel
Replied by ONel on topic Re:September 2010 mammas
Sorry julle, die control freak in my het oorgeneem! (En ek sal nou enige iets doen ipv werk!) ;)

1. Natsie 24/08 Boy Micha
2. Eileen 01/09 Girl
3. Cornitalia 14/09 Girl
4. Hanlie 14/09 Suprise
5. Vicki 15/09 Suprise
6. ONel 20/09 Girl Leah
7. Leila 27/09 Girl
8. Happy Girl 29/09 Suprise

Laat weet maar as daar updates of veranderinge is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account