Leila, 'n Keiser is nie so bad nie! Ek kon ook nie normaal kraam nie, so ek het 2 keisers gehad, en is geensens van plan om die VBAC roete te gaan nie!
Amazingly enough het ek wonderlike ervarings gehad met my keisers. En jy is regtig baie gou weer op die been. Ek sal nou weer glad nie die normale roete wil volg nie, al kon ek. Die ergste van die hele keiser was die drip wat hulle moet opsit! Even die Epiduraal is niks. Dalk is ek maar net te veel van 'n control freak. Ek wil weet wanneer my bubs kom, sodat ek kan beplan.
Ek werk vir 'n Plant Rental mpy, branch administrator. Niks fancy. My motto is, ek is 'n ma. Ek wil nie 'n groot salaris verdien nie, as my pligte mbt die kids te veel word, wil ek kan ophou werk. Sonder dat ons gesin in finansiele ruin is. Ek geniet my salaris, en sover moontlik wil ek werk, want ek geniet dit om te werk.
Ek is sommer jaloers, almal van julle gaan die week julle nunu's sien.