Hello almal!
Die bouery het gister begin en chaos is 'n understatement.
Ek het gister weer begin werk, nie te bad Maandag gehad nie, vreeslik besig, maar dit het darem gou gevlieg.
Ek het nie 'n idee hoe ek deur die week gaan kom nie. Daar is net te veel dinge wat aangaan. My oudste moet op 3 plekke wees vanmiddag...ortodontis, netbal en ballet. En om als te kroon het ek gister haar exam tye gekry...Vrydag oggend 9 uur! So ek moet reelings tref dat dit bars, want ek was nou net 2 weke af siek, en kan regtig nie nou weer verlof vat nie. Gelukkig is ouma byderhand. En my man is met verlof agv die bouery.
Tannie Morning Sickness het my ook weer kom vereer met haar teenwoordigheid! Ek hoop en bid dit word beter.
Gister aand het poplap gedink dis vreeslik snaaks om mamma uit die slaap uit te hou. Sy het my so erg geskop dat ek naderhand gesit en giggel het in die bed. My man dink sy arme vrou het finaal die kluts kwytgeraak....en ek begin met hom saamstem...
Ek hoop julle het almal 'n heerlike dag. Ek kry myself vreeslik jammer vandag...hormone is 'n vieslike ding!
O ja Happy Girl, ek het grootgeword in Roodepoort! Waar het jy skoolgegaan?