Ek het by Treehouse in Durban gaan kyk, hulle het die oulikste goed! Maar ek wil nie 'n 'tema' he nie. My MIL was baie geskok en gese ek MOET een he. Maar ek wil regtig nie. En Treehouse se goedjies het amper almal 'n feetjing of beertjie of iets op.
Ek het gister 'n 'sneek preview' van my photo's gekry. My man het verlief geraak op die pics en wil nou van my preggie pens foto's op die muur sit....I don't think so!
Ek is sommer alweer moedeloos! Waarom is dit so moeilik om iets in die hande te kry wat jy regtig graag wil he? Eers het ek my gat af gesukkel om 'n pienk campcot en baba swing op te spoor. Ek het Graco SA gebel, maar hulle het gese dat hulle nie weer pienk sal invoer nie, want daar is nie 'n mark nie, wat ek verstaan. Meeste ouers koop neutraal, want hulle beplan nog kids. Maar dis my laaste enetjie en ek soek PIENK! Doen julle self 'n guns en gaan kyk bietjie na Graco International se reekse, dis stunning! Ek het hulle outlets gekontak, Sears, Wallmart, Toy's R Us, ens, net om te hoor dat niemand hiernatoe ship nie. Edgars het so jaar terug in hulle baba catalogue 'n pienk stel gehad. Ek het hulle geskakel en shock horror kon hulle dit vir my by ander takke opspoor. Baie opgewonde het ek die dag gegaan om dit te gaan haal.....net om te sien hulle het die verkeerde goed gestuur en te hoor dat daar toe nooit 'n pink campcot was nie (alhoewel die pic pink was). Ek het toe maar gesettle vir 'n 'no name brand' pienk en bruin campcot. Toe het ek maar weer begin soek vir 'n swing. En verlief geraak op die Fisher-Price Papasan Butterfly Swing. Weer het my soektog begin, e-bay, amazon...you name it. Niemand! Ek het vriende in Australie en Engeland is ook bereid om dit vir my te ship as hulle dit daar kan kry. Uiteindelik het ek 'n vrou gekry wat dit vir my kan inbring teen R 2 900. Dis baie geld vir 'n swing! Wat about R2 000 kos. Ek wil dit soooo graag he, maar ai, ons bou 'n hele nuwe babakamer, wat baie geld is. En ek weet die swing is net 'n 'nice to have'. Besluite....besluite....eish!