Hallo liewe maatjies,
Wel, ongelukkig het die liewe griep toe nou sy eie hardkoppige pad gevat en oorgesit in Bronchitus met komplikasies.
Ek kon dok darem oorreed om my nie in die hospitaal te druk nie, deur die helfte van Vrydag in die spreekkamer op 'n drip te le. JIG...ek haat naalde! Ek weet dis seker nie wys om met 'n dokter kompromiee aan te gaan nie, maar face dit, as jy twee ander kinders het...then a mom's gotto do what a mom's gotto do! Ek kon dit regtig nie bekostig om die naweek in die hospitaal deur te bring nie, my girls skryf eksamen en dis hulle naweek by my, as dit hulle pa se naweek was, sou ek gegaan het. Ek kon dit net nie aan hulle doen nie. So ek is onder streng bedrus en met pers hande (waar die suster darts gespeel het om die drip in te try kry) huis toe. Ek voel weer amper soos 'n mens. Ek moet se, my dokter is geniaal. Veral as dit by asma kom, hy het ook eers met 3 ginekoloe gesels voor hy sy behandeling strategie toegepas het. Ek moet hom more weer sien....en hoop regtig hy het van sy hospitaal planne afgesien....ek het ingestem om more te gaan as dit dan nou nie anders kan nie. Hou styf duim vas...want ek kan nie verantwoordelik gehou word vir my aksies as daar nog 1 naald in my gedruk moet word nie!!!!