Ek is verlief!
Was netnou by die gynae, en het die mooiste 2D pics gekry van ons poplap. Sy het die fynste ou gesiggie, met die cuteste wipneusie. Sy het 'n serious growth spurt gehad, want 4 weke terug het sy 348g geweeg, en vandag 'n impressive 677g. En is 20cm lank. My girls was vandag saam, en hulle het dit so geniet om haar te sien rondwoel.
My geld is op Isabella Rae Belcher....maar my man se worry (en dit is geldig al wil ek dit nie erken nie) is dat hulle haar Bella gaan noem...Bella Belcher....is net verkeerd.
Ek het my vorms gekry om my bed te gaan boek...exciting!
Welkom Vicci!
Hanlie, ek het eergisteraand met Vampire Diaries begin. Ek moet erken dat dit net te veel suspense vir my het...ek is 'n regte girly girl. En kyk glad nie suspense, aksie, horror, of diere movies nie (want daar is ALTYD 'n sad gedeelte). Net romantic comedies. Damion is such a looker. Maar Stefan het nou maar net nie die smeul wat Edward (Twilight) het nie. Natuurlik is ek 'n huge Twilight fan...TEAM EDWARD! Het die boeke al twee keer gelees, en ken die script van Twilight, New Moon, en Breaking Dawn se trailer beter as die cast..hehehe.
Ek trek nou by episode 20 van Season 6 Greys.
Gossip girl het ek ongelukkig by reeks 3 begin. Maar ek moet se ek love dit! Die skrywer is geniaal met sy storielyn. Sodra jy dit begin kyk het, kan ons bietjie oor die karakters skinder!
Ons is 'dish challenged'. So ek moet maar my kick uit die series' kry. Wens net ek kon Hannah Montana en Wizards of Waverley place ook kry. Ek dink ek love hulle meer as my girls. En 7de Laan is net besig om my te irriteer!
Anyway, lekker dag vir almal! Hoop julle word sommer goed geskop!