Hallo almal!
Ek dink ek is darem oor die hond se stert met die Bronchitus ding. My 3de reeks antibiotika gister gekry, met kortisoon en aterax....yummy! Ek is gewoond aan kortisoon drink, drink dit al vir 10 jaar elke dag.
Ons sien more die ginekoloog. Nogal baie opgewonde, want my twee girls gaan saam. Hulle gaan hulle sussie sien skop!
My enigste craving sover...en dit bly konstant...is SUSHI! Ongelukkig is ek beperk tot Avo....but at least is dit Sushi. Ek moet at least elke tweede dag my Avo Maki kry. Ek het glad nie cravings vir soet goed nie. Sushi is my enigste craving.
Ek het bietjie gaan kyk na die Genesis kliniek, maar sover ek kan vasstel doen hulle nie beplande keisers nie. Dit sou nou die ideale opsie vir my gewees het. Siende dat my situasie so bietjie uniek is. Ek het my gorgeous bokkies uit 'n vorige huwelik, en hulle is baie ma-vas. So om twee aande in die hospitaal te moet deurbring gaan traumaties vir hulle wees. En die een is nog nie oud genoeg om in die saal in te kan gaan nie. Sover hoop ek dat my keiser op 'n Maandag sal val, wat beteken hulle gaan in elk geval skool, en het hulle ballet ens na skool. Dan kan hulle die aand kom kuier. 'n Vrydag gaan net nie vir my werk nie, want hulle sal net by my man wil wees en hy sal net by my wil wees. Complicated! Ek wil graag vooraf met die hospitaal hoof probeer 'n reeling tref aangaande my kids. Hopenlik sal hulle oopkop wees.
Sussie was gisteraand 'n groot 'show-off', sy het haar sussies try impress met haar mean skoppe.
My arme bokkie het nogsteeds nie 'n naam nie. My man het vir ons 'n oulike baba naam boekie in Durban gekry, en hy is besig om daardeur te werk. Sover hou hy van Carmen (songtress, one with a beautiful voice) Wat so by hom pas, want my man het 'n amazing stem, hy is die sangleier in ons kerk. En sy hele familie is musikaal en love dit om musiek te maak. But ek like Isabella! So die 'name wars' gaan voort.
Nou ja, tyd vir Vampire Diaries...ek is hooked op 3 reekse...Gossip Girl, Vampire Diaries en Greys. Ons is gelukkig genoeg om die episodes te kry net nadat dit in Amerika gewys het...hehehe.