file September 2010 mammas

16 years 4 months ago #15921 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Unitas is 'n baie goeie hospitaal! Sou ook baie graag soontoe wou gaan maar my dr is by Montana en Unitas is bietjie ver van ons af. Het al daar gele en sal jou se die diens is uitstekend!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #15821 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Ek is in Centurion in pta so sal seker maar in Unitas wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #15808 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Hi Leila

Hoe ver is jy nou? Weet julle al wat dit is?

Lekker om nog 'n mamma by te hê!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #15799 by Leila-S
Replied by Leila-S on topic Re:September 2010 mammas
Moet erken dis baie better om in afrikaans oor alles te gesels as in engels lol.

Die is my eerste swangerskap en moet se dit is nogals scary, weet nog nie rerig wat om te verwag nie, maar ek geniet dit vreeslik. Moet ook se dat ek ken die gevoel van jy wil net ALLES koop wat jou oe sien! My man en ek het beluit om eder maar nie weer vir die res van die maand in n baba winkel in te gaan nie want ons het nou so te se alles gekoop of gekry.
Baba is nog nie eers hier nie en word klaar lekker bederf!

Hanlie, moet ook net se dat julle baie moed het om te wag tot baba hier is om te weet of dit n hy of n sy is. Ek sal nooit so lank kon uithou nie!

Geniet julle dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #15746 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
O ja ek wou nog sê: Hanlie julle is baie braaf om te wag tot peanut gebore word voor julle weet wat dit is, ek sou dit nie maak nie ek is net te nuuskurig en wat om te koop as jy nie weet nie? Pienk of Blou is net te belangrik vir my! Nie so groot Groen en Geel van nie?

Maar sterkte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #15719 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
More julle twee

Hoe gaan dit vandag met julle? Gaan baie goed met ons. So bly my verkoue is so te sê weg! Hoora.

Cornitalia ek is van Pretoria woon in Annlin. By watter hospitaal gaan jy jou bed bespreek? Ek gaan by Montana hosp.

Hanlie die gym klink lekker, jy sal my nie glo nie ek het gym membership al vir 5jaar wat ek dit nie gebruik nie sal jou se die mense daar pis my af so nou gaan my man my membership oorvat want hy is oortuig hy het dit nodig, wel ek ook hy het dit nodig gaan nie lieg nie!

Klein Micah was vanoggend verskriklik aktief so lekker gewees, elke nou en dan gryp ek manlief se hand en sit dit op my maag maar hy was net te aan die slaap dink nie hy weet eers daarvan nie! Moet se dit was so 4uur vanoggend!

Hierdie gaan die 6de kleinkind aan my kant van die familie wees, die oudste kleinkind is 6 en haar sussie is 5 dan word my seuntjie 4 julie en my ander sussie se dogtertjie word presies 'n week na my seuntjie ook 4 en haar boetie word nou Mei 2 en dan kom Micah. Aan my man se kant is dit ook die 6e kleinkind die oudste kleinkind is 18 en sy het ook al 'n dogtertjie van 1, maar sy familie woon almal in Bloemfontein so ons sien hulle maar bitter min.

Ek wil nie meer winkels toe gaan nie ek wil so graag alles wat ek sien koop maar ek het net nie sooooooo baie geld nie dit suck! Moet sê ons het vir Micah 'n nuwe pram en cot gekoop so die groot goed is uit die pad, so paar kleding stukkies ook al gekoop maar ja daar is die mooiste doeksak wat ek vir my wil koop JJ Cole maar hy kos R699 gaan maar spaar daarvoor. Aan die ander kant wonder ek nog of dit werklik die moeite werd is om iets so duur te koop wat jy vir so klein rukkie gaan gebruik sal julle se met Jean het ons so baie goed gekoop wat einlik net so onnodig was van die goed het ons letterlik net een keer gebruik of gladnie eers nie. Ek het nog sy doeksak en hy was ook nie baie goedkoop nie my man wil slange vang!

Maar laat ek nou eers gaan werk mens sal dink ek kom werk toe om te kom chat? Maar moet se dit is pret om met julle te gesels.

Lekker daggie vir julle en chat later weer!

Hugs

Nats

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #15664 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Ons sal waarskynlik uitvind want my man brand om te weet. Ons sal familie name gebruik so die name is al op besluit.

Aan my man se kind is dit soos die 1 kleinkind want die enigste kleinkind is 13 jaar terug gebore en van toe af niks nie so nou is ons een hier en almal wil weet seun of dogter. Aan my kant is dit eerste kleinkind, so ook baie opgewonde.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account