file September 2010 mammas

16 years 4 months ago #17727 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
More more almal hooop dit gaan goed met almal. Ek moet vandag my bed gaan bespreek en toe se my man dit begin nou vir hom meer en meer n realiteit raak as ek oor bed bespreek ens praat.


Ons wil graag baby expo toe gaan maar sal maar sien hoe loop dinge.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #17411 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hi julle

Dankie vir al die raad, ek het darem al lekker gerus vandag....

Sjoe, Eileen ek is so jammer om te hoor waar deur jy moes gaan, dit moes verskriklik gewees het, ek het sommer trane im my oe gekry toe ek dit lees. So rus is jou voorland!!!!

Moet se al wanneer ek van die Kaapse winter weer hou, is wanneer ek met 'n dvd en hot chocolate by die huis is....moet se my ander baba( 'n jaar oue pitbull stem ook saam, as hy net styf langs sy mamma kan le is hy op sy gelukkigste.)

Verder is dit soos jy se Leila, dit is more Vrydag yeahhhhhh!!!

Geniet julle dag verder!!

Hanlie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #17401 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Hi gals

Hoe gaan dit nog met julle? Gaan baie goed met my. Wens net die tyd by die werk om ek mis die laaste tyd my klein pikkewyntjie vreeslik baie wens ek kon elke dag by hom wees en nie te gewerk het nie maar nou ja, die skool doen hom ook goed.

Het nie vreeslik baie om te se nie is maar redelik stil en dit is actualy sad wat 'n boring mens is ek dan nie?lol

Is nogal lus om te gaan fliek maar hou nie daarvan om vir Jean in die koue uit te vat nie veral nie in die aand nie. Het die naweek 'n trou eerste in 3 jaar kan nie wag nie, die vorige troue wat ons op was, was ek ook 5 maande swanger met Jean en dit was my vriendin wat Saterdat trou se sussie se troue, is dit nie te weard nie?

Wow Eileen dit is wonderlik! Hoop jy word gou gesond. Waar woon julle? Ons is in Pretoria en dit word koed hier maar nie so koud soos in Johannesburg nie.

Julle moet 'n heerlike aand he vanaand.

((((Hugs))))

Nats

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #17325 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Swanger en siek wees is een kombinasie wat nie lekker saam werk nie. Ek is afgeboek met griep. Ek het juis met die eerste sniffels dok toe gehardloop, om dit te keer voor die stupid griep in my bors ingaan. Ek het baie erg asma, en griep is dodelik vir my. Ek en my jongste dogter het albei byna ons lewens verloor weens griep toe ek 3 maande swanger was met haar. Ek het in ICU beland vir 2 weke en als moontlik is gedoen om my lewe te red, but nie my baba s'n nie. Morfien, x-strale, drips, steroids you name it. Ek is aangese om dadelik vir 'n aborsie te gaan, maar kon net nie, dit was dan te danke aan die wete dat ek vir haar moet bly veg dat ek uit die koma gekom het. Needless to say, 6 maande later is Gabrielle Grace gebore...met geen nagevolge behalwe 'n baie sterk wil!

So ek is doodbang vir griep. Dus het ek my tuis gemaak op my bed met my laptop en dvd player. En hier sal ek bly tot ek beter voel!

Gelukkig word dit nie koud by ons nie, so ons loop nie so kwaai deur met die verkoue en griep idee nie. Die winter is net genoeg om ons uiteindelik bietjie af te koel en nie meer uit te wil pass van hitte as jy enigsens iets met moue aan het nie.

Vir die wat in JHB of die Kaap bly...tel julle seeninge! Ek moet elke jaar 'n holiday Drakensberge toe reel vir 'n verskoning om wintersklere te kry en darm te voel hoe dit voel om te verkluim.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #16677 by Leila-S
Replied by Leila-S on topic Re:September 2010 mammas
Swanger wees in die winter is beslis nie n grap nie! Lyk my ons almal word siek en mag niks drink nie. Ek was onlangs by my dr en hy het darm vir my n paar goedjies gegee wat bietjie gewerk het. Hy het ook gese al wat gaan help is BAIE bed rus en vloeistowe. Probeer dit en kyk hoe voel jy daarna Hanlie.

Ek dink al wat my deer vandag gaan kry is die feit dat dit more vrydag is! Darm is die weer better vandag maar dit het nogsteeds baie moeite gevat om vanoggend uit die bed te kom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #16628 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Shame Hanlie ek hoop jy is sommer gou weer reg as jy gaan le.

More almal ek is so bly die sonskyn vandag laat mens kan bak in die winter son.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #16623 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
More almal,

Wel wat kan ek se, ek is net hier vandag, ek dink ek gaan sommer nou weer huistoe, die verkoue het my plat geslaan.....

Welkom Eileen, sjoe, nog 'n dogtertjie op ons thread...baie geluk....julle maak my nou almal nuuskierig, maar ons sal maar wag..

Hoop julle het almal 'n stunning dag,

groete uit 'n nat winderige Kaapstad

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account