file September 2010 mammas

16 years 4 months ago #22548 by Vicki
Replied by Vicki on topic Re:September 2010 mammas
Hallo,

Ek wonder nog of ek 'n groot ding wil maak (of gemaak he deur my familie) van die baby shower. Ek voel bietjie skuldig om nog geskenke te verwag omdat dit ons 2de babatjie is.

Cornitalia, dit lyk asof ons mekaar in die hospitaal gaan raak loop as alles goed gaan. My volgende afspraak is vir 7 Junie en my 4D is geboek vir 2 Julie (28 weke). Met my seuntjie het ek gewag tot 32 weke vir sy 4D en dit was toe so beknop daar binne dat ons nie veel kon sien nie.

Ons het besluit om hierdie enetjie se geslag 'n verassing te hou. 'n Vrou het nou die dag dit mooi uitgedruk: "'n Baba is een van die die grootste geskenke wat die Here gee en 'n mens kan nie voor die tyd wil loer wat die geskenkie is nie."

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22533 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hallo almal,

Lyk my ek en Eileen gesels 'n hond uit 'n bos uit, dis heerlik maar waar is al julle ander mammas.

Hoop dit gaan goed met julle almal en dat al die babas die skopwerk aan die gang hou...

Weereens groete uit 'n sopnat Kaapstad!!!!

Hanlie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22527 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hi Eileen,

Ek dink nie dit is verkeerd nie...maar hoe kos 'n baby shower jou R4000? Sjoe, jammer ek het nog nie baie experience met alles nie, maar wat het julle vir haar gedoen?

My ma is weer ver van die Kaap af en my sussie so uur se ry...maar ek rely maar op goeie vriendinne om my te verras.

Bly vir jou oor die kar, moet sê mens het die spasie nodig, ek het 'n BMW, en ons het nou vir my man 'n BMW X5 aangeskaf, wat ek sal ry as peanut eers hier is, ons moes maar ontslae raak van sy 2 deur sportsmotor,want dit en 'n baby seat gaan nie werk nie.

Moenie paniekbevange raak nie, ek het nog glad nie aan die baba kamer begin werk nie, ek het oor 3 weke, vir 5 weke vakansie, dan sal ek die taak aanpak, en alles gaan koop!

Sterkte met die bouwerk...sê dankie julle bly nie in die kaap nie, want bouery en die reen weer werk nie saam nie!!

Geniet die dag

Hanlie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22462 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Ek admire julle deursettingsvermoe om nie die geslag uit te vind nie. Dit vat 'n man op 'n perd!

Ek is net way te feel van 'n control freak.

Ons huis planne is uiteindelik goedgekeur en die bouer was netnou hier. Ongelukkig gaan die verbouings 3 weke duur! WHHAAATTTTT?!?!??!?!
Um, geen paniek, wie's paniekerig? Helfte van ons huis moet verbreek word om die baba kamer te bou. Ek het als so rustig gevat, even die baby shopping, maar het met 'n 'bang' besef ons het 18 weke oor. Waarin die nursery gebou en gedecorate moet word en ons moet kar koop....want met ons huidige kar gaan ons 'rock-paper-scissors' moet speel om te kyk wie gaan saam en wie bly...hehehe. 2 Pre-teens, baba, pram en kitaar....manlief het darem uiteindelik finaal besluit op 'n VW Caddy Maxi Life.

En dan nog die babyshower. Julle gaan dink ek is van my sinne beroof, maar ek is adamand 65% daarvan self te reel. Control freak! Ek het besluit om dit onder my moeder se naam te doen, ek het dit met haar bespreek, en sy is ok daarmee. Ons het 'n vriendin se babyshower so 6 maande terug gereel, en het ons no less than R4000 uit die sak gejaag. Ek sien net nie kans dat iemand anders soveel geld uitgee op iets vir my nie. Ek wil eerder dit self finansier. Ek het nie susters nie, en ook nie skoonsuster nie, ek en my man is albei nou die enigste kinders. Ek kan en wil nie dat my liewe mammie dit als self doen nie. Julle opinie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22455 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Eileen,

Ek het ook op 'n stadium gedink Bella is die mooiste naam, maar ek moet sê dit was na Twilight gewees.

Isabella is so mooi naam en daar is baie afleidings, maar onthou dit sal later van haar persoonlikheid afhang wat mense haar gaan noem, en gewoonlik is dit net close vriende!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22454 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hi Eileen,

Sjoe ek is so bly vir jou part alles gaan so goed, ek gaan die 21e weer Gynea toe dan sal ons sien. Obviously weet ons Gynea dat ons nie die geslag wil weet nie, so hy is baie versigtig as hy die scans doen....maar ek moet sê ek kan nie meer wag tot September nie....'n dogtertjie of 'n ou seuntjie??????

Ja, ek en my man geniet baie om die series te kyk, en ek is ook natuurlik 'n twilight fan.....maar ek moet sê ek het my eie Edward Cullen/Dr McDreamy by die huis, en sal hom vir niks in die wêreld verruil nie.

Op die oomblik soos ek hier sit, skop Peanut my dat ek weet, natuurlik was hy/sy mal oor die roomys wat mams nou net gehad het......Yummmy!!

Anyway lekker aand vir julle almal!!


Hanlie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22453 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
EileenB
My sussie se naam is ook Isbabella net die familie se vir haar bella is vir ander mense Isabel en sy was op skool ook Isabel genoem so haar noem naam was Isabel wat baie mooi gewerk het.

Dit is n baie mooi naam en Bella beteken - mooi/ beautiful so glad nie sleg nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account