heart gesels saam op die pad na geboorte

11 years 5 months ago #259333 by Hbwoman56
Realtiteit ook nog nie by my ingesink nie. Maar die kamer is klaar, alles gewas en die tassie staan reg. Dis nou net tyd wat verby moet gaan en sy moet maar nog lekker broei. Ek haastig om haar vas te hou, maar wil haar saam huistoe kan vat. SO sy moet maar skop en bos gaan hier binne my.

Die mangel ding pla nie meer so erg nie, maar ja gehoor hoe seer dit is om uit te haal en ek nou 29 so sien nie kans vir daai seer nie. Los hul maar heel gerieflik net waar hul is. Het al geleer as die keel begin pla dan sout water ek net vinnig.

Bly gaan so goed met seuntjie. laat jy die gordyne maak?

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #259323 by Twinkle
More julle

HOop dit gaan goed

Sjoe StellaK kan nie glo jy is al sover met jou nr2 van ons saam begin chat het nie tyd het waarlik gevlieg.
Ai niks lekker dat seuntjie lief mangelontsteking het nie dis aaklig en maak hul so siek.

HB respek vir jou wat nou nog jou mangels het en uithou ... maar ook weer ek wens niemand daai seer toe van dit uithaal op hierdie ouderdom nie ek was 25 dalk 26 toe myne uitgehaal is en VREKKIT dit was seer. Ek het gedink regtig kan dit so erg wees en dit was beslis baie erger as wat ek myself kon indink was 2 weke lank afgebook en was steeds nie 100% om terug te gaan werk toe nie.

Wonder wanneer kom Bytjie weer hier in draai maak??? Dalk roofkyk sy en kom update ons.

Was gister by dr en soos hy se nou gaan dit einde se kant toe. Vandag 30 weke so max 10 to go! Boetie baba weeg 1375g. Het glad nie lengte gegee nie en doen ook nie geboorte gewig skatting nie. Julle dit voel nog vreeslik onwerklik vir my as ek deur die baba kamer stap dan stop ek eers om net weer te besef dit is werklik so voor ons weet is daar n babatjie in daardie kamer... wag nog vir die gordyne en as ek dit gaan haal sal ek sommer die paslakens se materiaal koop. Nie meer so seker of ek diere gaan op borduur nie die tyd hardloop nou net te vinnig uit.

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #259320 by Hbwoman56
SJoe Stella, sterkte met seuntjie. EK sukkel al my hele lewe met mangelontsteking en nog nooit myne laat uithaal nie. Weet hoe sleg boeta voel.

Oor baba wat draai, moet nou nie al worry daar oor nie. My prinses is een week reg en ander week is sy breach. En skop en trap en headbang in alle rigtings in. Dr gese ons sal eers van 32weke hoe sy gedraai is monitor want daar nog baie spasie vir haar om te beweeg, maar hier van 32 weke raak dit baie min dan raak hul rustiger. Ek het nou behoorlik begin uitsit en ongemaklik begin voel. Rol sommer van die bank af as ek opstaan.

HOeveel weke is jy nou? Ek dink jy so 4 weke agter my? My derde tri moegheid ook my n vors gekom. Gaan vandag gou by Dischem vir my berry elixir kry wat sal help met energie. Ons het volgende week ons 4D scan. Sien ook net so erg uit daarna.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #259316 by StellaK
Goeie more,

hoe gaan dit met julle dames?

hier gaan dinge so bietjie rof op die oomblik. my kleinman het mangelontsteking en ons sukkel al van die naweek af met erge koors.

met klein boetjie baba gaan dinge baie goed. was laasweek weer vir 'n sonar en hy is op 23 weke 650g. ek hy het ook gedraai, so als nou slag gereed vir sy geboorte (hy moet net nie weer terug draai nie)
hy het lekker geslaap tydens die sonar, maar het wel 1 keer sy ogies oop gemaak en rond gekyk - dit was nou iets om te sien.

sien nou net vreeslik uit na die 4D scan (22 Mei) kyk, ek is darem so nuuskierig om te sien hoe die boetie'tjie gaan lyk

verder begin die laaste 3 maande se pyne en skete so stadig maar seker inloer

hoop dit gaan goed met julle
:heart: :heart:

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #258640 by Twinkle
Hallo hoop dit gaan goed met julle almal...

Re die bottels ek was een van daardie baie gelukkige mammas wat net Avent gekoop het (bloot omdat ek van die bottel gehou het) en my seuntjie het dit dadelik gevat... bygese ek kon glad nie borsvoed nie so dit was sy eerste en enigste bottel.

Al raad wat ek wel kan gee is maak nie saak watse bottels jy gebruik nie MAAK SEKER jou tiet se vloei is reg. Jy kry bv #1, #2 #3 ens tiete. Dit bepaal die vloei. Ek het dit nooit geweet nie tot my ma gekom het en gevra het wat is die tiet se vloei om te sien dit was n #2 tiet wat hopeloos te vinnig gevloei het vir daardie ou pap baba lyfie. Ek het #1 ook gebruik maar glad nie geweet daar is nrs op die tiete nie so elke wie weet hoeveelste voeding het die melk omtrent net gevloei...

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #258611 by 3xmom
Hi Thea!

Dit wat Stella se is waar. ek gaan die keer om net Tommee Tippee gebruik, omdat hulle

1. blykbaar nie confusion veroorsaak met bors nie
2. Dishwasher proof is.
3. ek mal is oor hulle design! :P

Met oudste het ek no name bottels gebruik. hy het verskriklik verstik met nuk. en uit eindelik met nuby geeindig.
Met middelste het ek avent gebruik, hy was maklik gewees!

maar kry vir jou 'n bottel van elk, en kyk wat vir jou werk en vat van daar! :D

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #258603 by theabronn
Hi Stella,

Baie dankie vir die inligting. Dit help regtig baie!
Ek dink ek gaan maar n Paar verskillendes koop en kyk wat die baba verkies.

Weereens dankie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account