Kayla, sterkte vir die wag. die dag is darem al halfpad, so dis nou amper
Dellie, baie sterkte met die hoofpyn. hoop nie dit pla jou te veel nie.
ek het net so gesukkel met hoofpyn aan die begin. my dr het gese dit gaan verby so teen 18 weke.
ja, ons het 'n baie oulike kleuterskool gekry - Heideland kleuterskool (naby NG lynwood kerk) vir 2014 is die skoolfonds R2440/maand - sover beplan ek dat hy 1 sept begin skool toe gaan
ons het na 3 Beertjies ook gaan kyk (oorkant lynwood laerskool) ook 'n baie oulike skool. hul skoolfonds vir 2014 is R2250/maand (as ek reg onthou)
daar is nog so paar afrikaanse skooltjie in die omgewing, maar ons was nie by almal nie. ek het wel met 'n paar skooltjies gepraat oor die foon wat reeds vol bespreek was vir 2014.
ek gaan lap doeke gebruik en Heideland was ook die enigste skooltjie wat dit sal akomodeer.
ek sal voorstel jy vind nou al uit, want soos ek agter gekom het was regtig baie plekkies al vol bespreek