heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 7 months ago #246759 by Dellie
More almal!

Minki - baie welkom hier by ons groepie! Weet jy gaan sommer lekker saam gesels.

Kayla - toe ek van die lapdoeke hoor, het ek ook gedink dis nog die ou wit spoegdoeke wat jy self vou en met
groot doekspelde vasmaak! Stella het vir my een van die doeke kom wys en ek moet se dis regtig baie oulik! Dis
'n "alles in een" doek! Ek gaan binnekort myne begin aankoop. Ek het ook 'n paar pakke weggooi doeke wat
ek dalk aan die begin en vir noodgeval gaan gebruik. Ons gaan baie geld spaar want weggooi doeke gaan
jou tussen R1000 tot R1500 'n maand kos.

Jou naarheid sal binnekort verdwyn. Probeer om kleiner maaltye te eet en eet tussen in dalk marie beskuitjies
of vrugte ens. Dit het nogal vir my gehelp.

My due date is sover 28 Augustus.

Hallo Stella - hoe gaan dit vandag met jou? Jy sien seker vreeslik uit na more se scan, ne?

Lekker daggie vir julle!

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246758 by StellaK
goeie more dames,

dankie julle,
Kayla, daar is ongelukkig nie juis iets wat ek kan drink vir die seer rug nie. dis als in die spiere en raak net seerder soos my maag groeie.
ek dr 'n preggie belt wat wel bietjie help, maar anders moet ek maar net uithou.
die 1 geluk daarmee saam, is dat ek geen van die ander nukke en simptome van die 3e trimester het nie :P
ek is bly dat ons jou begin oortuig van die lap doeke...hehe

Minki, wel ek hoop dan dat hierdie 1 vir jou 'n baie aangenamer ervaring sal wees.

hallo Dellie, Yolindi.

ons gaan more weer dr toe en ek sien baie uit daarna om te sien hoe het hierdie kleine rakker gegroei. ons afspraak is 12uur.

geniet die dag baie
:heart:

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246756 by kayla
Dankie MInki

Ek voel al van gister af beter. My sus het vir my n foto van die bandjies gesms. Ek sal n bietjie gaan kyk. Ek sal die olies ook try. Die emex se smaak maak my vreeslik siek, dit kom net so terug soos dit ingaan. Gaan jy normaal kraam Minki? Ek is nog tussen twee oor wat ek wil doen. Sal eers moet kyk hoe groot die kleintjie is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246746 by minki.vandriel
More almal,

Dankie, Stella. Janee ek het die 4D ook gedoen met my dogtertjie en dis net ongelooflik wat tegnologie van vandag kan regkry!
Ek moet se ek raak nou net BAIE nervous om weer deur die kraam proses te gaan :( Ek kan nie se my vorige een was 'n baie aangename ervaring nie, maar gelukkig se hulle elke ervaring is heeltemal anders!

Kayla, het jy al daai acupuncture wrist bands probeer vir die naar? Mense gebruik dit vir motion sickness ook en mens kan dit sommer by Dischem kry. Ek moet se dit saam met Emex het nogal wonders gewerk vir my. Dis basies net 'n rubber bandjie met 'n metaal silindertjie wat op jou pols druk - geen funny medikasies of dinge by betrokke nie. Nog 'n trick wat nogal goed gewerk het vir my is essential oils. Ek het gemmer olie en peppermint olie gemeng in water, dan in 'n oil burner gesit naby my sodat jy dit basies inasem. Dit is 2 olies wat baie veilig is gedurende swangerskap. Sterkte! Ek weet as mens so siek voel, voel swangerskap soos n ewigheid, maar ek belowe jou voor jy jou oe uitvee word jou kind een! Baie scary!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246743 by kayla
more alle ma's in wording.

Interessant oor die 20 weke scan. Het nooit geweet jy kan dan ook sien nie. Ek leer elke dag iets nuuts.

Jong julle is besig om my te convert lap doeke toe. Toe julle praat van lapdoeke, toe dog ek dis daardie wit doeke wat ek altyd vir my poppe gevou het, en die ou doek spelde :whistle: Maar toe kyk ek op die webtuiste wat Stella gegee het en dis blerrie oulik. Ons het laas maand begin om doeke te koop (1 pak n maand) en dis VREK duur.

Minkie, sterkte vir die laaste stretch van swanger wees.

Stella, wat drink jy vir die rugpyn? Voel vir jou, regtig.

Yolinde, waar kruip jy weg?

Dellie, wanneer is jou due date? Ek dink ek en jy is naby mekaar.

AFM: Die heeldag opgooi is besig om te kalmeer (ek hoop) nog niks gister opgegooi nie en vanoggend nog niks.

Lekker dag julle almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246735 by StellaK
baie welkom Minki. en geluk dat jy nou in die laaste trimester is.
hoop dit behandel jou goed
geniet die 4D scan, dit was vir my absoluut ongelooflik gewees.

Kayla, my dr doen ook gladnie dai toetse self nie (eks in PTA) en ons het ook teen die downs toetse besluit. maar op 20 weke kan hulle met die gewone dr se sonars in elk geval sien of daar tekens is vir downs.

Dellie, eks bly jy gaan saam my die lap doeke ding doen :woohoo: :rock:
en ja, jy gaan vrek baie geld spaar en veral as jy daai selfde doeke gebruik vir 'n 2e kind.
ek sien ook baie uit om my lap doeke te begin gebruik.

geniet die aandjie dames :heart:

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246732 by minki.vandriel
Janee, swangerskap en kinders kan maar n duur spulletjie raak! Maar darem op die ou einde als die moeite werd ;) Sterkte daar met jou toetse! Amper amper dan is die gevare buite sig en begin mens net moan oor sooibrand en rugpyn :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account