More Kayla, Stella en Dellie.
Toemaar ek is net so naar. En gooi so elke 2de dag op waneer ek dit nou net nie meer KAN inhou nie. Maar ja sukkel ook om te eet, want ek weet dit gaan net weer op kom. Ek probeer maar bietjie bietjie eet deur die dag. Maar in die aande kan ek glad nie eet nie. Gynea se solank ek net my 3l water 'n dag in kry, en my vitamine drink is die kos nie so groot probleem in die eerste trimester nie. Ek het als ALS probeer vir naarheid, EMEX, Flings, liquirice, marie biscuits, gemmer, tee, chappies, en suurlemoen, maar niks werk regtig nie. Emex het wel gehelp vir so halfuur. MAAR die naarheid raak nou bietjie beter hoe nader ek aan my 2de trimester kom.
Sjoe Stella, dit moet wonderlik wees om daardie kleine lyfie te voel rond beweeg binne jou. Ek kan nie wag vir dit nie. Op hoeveel weke het jy vir babatjie begin voel?
@Kayla, daardie telling is great!!! Sterkte met die naarheid. Dalk moet jy ook EMEX by die apteek gaan kry? Het vir my gewerk vir so halfuur op 'n slag, maar die botteltjie het my net 'n week gehou.
@Dellie, ek het ook bietjie infeksie, maar my gynea het gese hy wil nie in die eertste trimester vir my iets gee nie? Se ook net ek moet baie water drink. En hy se dit is baie algemeen vir swanger vrouens om infeksie te kry. Hy het my so hele storie verduidelik, maar kan nie eers regtig mooi onthou nie, want ek het net met 'n halwe oor geluister, want ek wou net my scan doen
En dan, ek is nou amper 10 weekies, en ek wys al kla pensie!!!

Is dit normaal? Kan nie dink dat ek al ooit iemand so vinnig sien wys het nie?? En my swanger vriendinne se lyk of my sakkie nogal groot is op die fotos, en dit kan dalk die rede wees?