Ag Hexy soo sorry oor woefie en dit net na ek goeie raad gan opsoek het en rondgevra en kyk het wat ons met ons woefe doen wat ons so invat!
O ja - katte word nie sommer siek nie,maar hulle kan lekker siek raak nes honde indien nie erger nie!!Ek hou al katte aan vandat ek bitter-klein is. My een kat het ek gekry toe ek 9 was en hy was 4mnde oud toe hy verdwyn - na hy 4dae weg was, en ek hom terugkry het hy wurms in sy neus gehad, n baaaie diep sny met worms onder sy skouer, bo-kaak middeldeur gebreek,onder-kaak op 3 plekke gebreek - R1400-00 later en hyt geleef tot ek 17 was.Nog n kat ok so ampertjies dood 3dae weg na n kar hom getref het - hy leef nou nog is al 13 jaar oud bly by my ma'le.
En dan vandat ek in Mafikeng bly het ek een kat verloor aan rotgif na sy n rot gevang het wat die gif ingekry het.Sy't 2dae weggeraak en toe sy terugkom was dit te laat en kon die veearts nie help nie - haar are en goed het platgeval en sy't inwendig doodgebloei omdat die gif hulle bloed te veel verdun soos wat dit met die rotte maak.
En net nou die dag amper my een ander kat verloor oor hy n niersteen gehad het wat vasgesteek het - hy't darem oorleef
Hehe - so katte kan ok lekker probs gee as hulle tyd het!!