file November 2010 Mammas

16 years 1 day ago #116498 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Shame Anina hoop ook Sussie wag tot na die naweek
Hallo Elaine welkom hier by ons

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #116477 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
LOL Anina, jy het die '36 weke blues'. Ek het presies so gevoel, wou hom net uit he met alle mag. Nou voel ek weer beter en sien nog kans om tot einde te loop!

Voetjies, as jy haar nie voel nie, le op jou linker sy en haal paar keer diep asem. Die suurstof maak hulle wakker en besig en blykbaar voel mens hul makliker op die linkersy - ag dis nou maar wat ek gehoor het. maar dit werk vir my. even as ek regop sit dan haal ek so diep asem dan net 'n rukkie daarna voel ek hom :)

Hi welkom Elaine, wat verwag jy? jou 4de kind, wow ne!

Skapie, ek het geregistreer by Baby Boom vir die sms'e (hoop maar hulle gaan deur) so ek sal julle name ook add!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #116457 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi Voetjies, wat laat jou ma'hulle dink Mia kom vroeer? Is sy laag? Is jou keiser datum nie reeds nogal heelwat voor jou due date nie? Ek hoop Claudia wil vroeg kom... net nie te vroeg nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #116440 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
hi almal! klink darem of dit met almal goed gaan.
hier goed, heerlik om met verlof te wees!
ek beplan om soveel goed te doen, maar as ek net 1 dingetjie gedoen het is ek dood moeg!
het darem nou so te se al Mia se goedjies gespoel. Net haar kombersies wat nog oor is, sal dit more doen.
gaan (hopenlik) vanaand ons tassies pak vir die hospitaal en lysie maak van wat ek nog kort, dan sal ek dit more gaan kry sodat tassies dan toegemaak kan word en reg staan by die deur.
my ouma en ma het besluit Mia kom vroer as my keiser datum, so ja...ons sal maar sien.
skapie my sel nommer 082 350 9581
ek sien vrydag weer die gineko.
ek twyfel sterk of Mia al gedraai het, want dit voel nog nie anders hier binne my nie.
moet se, sy laat my lekker stress, want sy sal sommer vir n dag of 2 heeltemal stil wees, en dan stress ek lekker, dan skielik begin sy weer en gaan rof tekere.
ag lekker skapie, ek wil ook nog my afsprake maak om vir alles te gaan. dink ek sal dit reel vir volgende week. hare doen, toon naels doen, preggie package doen by n spa, preggie foto sessie, dis alles dink ek.
die been hare en daar onder moet manlief maar die skeer werk vir my doen, want ek wax nie! so sal maar sien hoe dit gaan...
ek sal so elke 2 de dag kom try inloer hier!
hoop julle het n heerlike dag en week verder.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #116389 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi Elaine, jy is welkom om ons te join! Lekker om so 'n ervare mamma tussen ons te he.

Ons due date lysie lyk so op die oomblik:

Gerne 27 Okt Normaal
Anina 5 Nov Normaal
Voetjies 5 Nov Keiser
Ashleigh 9 Nov Normaal
Skapie 10 Nov Normaal
Rosie 24 Nov Normaal
Lelie 29 Nov Normaal
Elaine 8 Des Normaal

Met meeste van ons wat normaal gaan is dit maar net 'n skatting, enige iets kan nou enige tyd vir ons begin gebeur. Ek wens al klaar vir 'n bietjie afslag. Is nou 36 weke en issi meer lus hiervoor nie. My vorige een het op 38 weke gekom, so ek hoop die een maak ook so.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #116359 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: November 2010 Mammas
Hi daar, ek is eintlik due in Desember, die 8ste om presies te wees, maar ek vermoed die kleinding sal einde November al kom. Al 3 my ander kinders het voor hulle due date gekom.

Ek is more 32 weke swanger, kan nie glo die tyd het so vinnig verby gegaan nie.

Ek beplan 'n tuisgeboorte, sien baie uit na die geboorte.
Was Vrydag by vroedvrou en alles lyk nog baie goed, geen probleme nie.

Ek is ook baie gelukkig en het regtig geen probleme met die swangerskap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #116343 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Rosie, myne is ook baie besig die afgelope paar dae. Sy skop veral erg as ek vir Stefan optel, ek dink hy druk te hard aan haar met sy beentjies wat probeer vashou plek kry om my boep.

Ek het gisteraand sterk BH kontraksies gekry en nogal gereeld, amper gedink dis die "real thing" en toe kom dit sommer vanoggend weer. Ek dink my tyd raak min, ek het so heeldag kontraksies gehad met Stefan vir 'n dag of twee voor hy gebore is. Ek hoop nie eintlik sy kom nou nie, ek gaan Vrydag my naels en hare doen en by bene wax. En daar is nog baie wat die naweek gebeur, so sussie sal moet wag vir na die naweek... Maar hulle luister selde na ons planne.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account