file November 2010 Mammas

16 years 4 weeks ago #107346 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
nee jissie, weet nie waar die energie vandaan kom met tye nie. ek dink dit is dalk my manier van in beheer voel, ek weet nie

ek was die naweek al die babagoedjies, gaan dit dan mooi seel, tot einde oktober toe.

anina en gerne - julle is seker so moeg oor daar klaar apies is.....ek het al gehoor hulle soek baie meer aandag as jy swanger is, seker oor hulle weet daar kom groot verandering.

maar die naweek, het ek groot planne, so ek hoop regtig ek het die energie. gaan bietjie kaste uitgooi, en ons kamer declutter (julle ken mos van goed net in die bedkassielaai gooi)....so ja. darem is dit volgende naweek 'n langnaweek, dan gaan ek letterlik net rus en niks doen nie.

i1014.photobucket.com/albums/af262/skapie_apie/32weeks.jpg[/IMG]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #107249 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Shame Anina hoop daai tand van Stefan kom vinnig uit.
Ek raak skoon excited vir die Okt / Sep mammies

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #107233 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle!

Rosie, dit is erg dat van die Okt mammies al kan daggies tel, maar hulle is die in die groep wat al in September keisers kry... Een van die dae (weke) is ons ook daar! Kan nie wag nie!

Ek stem saam, daai 4D fotos lyk niks soos jou baba op die ou end nie, so moenie te erg stres nie.

Skapie, ek soek ook so baie energie. Ek het niks. Maar ek dink dis Stefan wat my so uitput. Hy is baie veeleisend in die aande, hy slaap deesdae nie meer in die middag nie, en is eintlik nog te klein om van 12 uur af wakker te wees tot 7 uur, so hy is vrek moeilik. Dan is hy ook nog besig om alweer 'n tand te sny, so elke doek is 'n poef doek en hy druk omtrent elke uur...

Ek is op die punt waar ek voel ek wil hom iets ingee om te slaap in die middag want hy is soveel makliker en ouliker as hy bietjie geslaap het!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #107041 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle

Ja die dametjies hierso het klein ou dogtertjies. Hier is maar bitter min seuns by ons ne!

My maag was 119cm teen 33weke, die grootste van julle almal LOL

Agnee Rosie, wat 'n bummer dat jy nou nie kon sien nie ne. Ag toemaar, troos jou daaraan dat hulle elkgeval nie lyk soos daai fotos met geboorte nie, en jy sien haar darem amper ne!

As jy se jy het 10 weke oor voel dit vir my so naby maar my eie 6 weke voel nog so ver! LOL vreemd.

Lelie, dink dis normaal, BH gebeur blykbaar van baie vroeg af, mens voel dit net nie.

Ek kry nou erg BH, dit is baie ongemaklik met tye. Ek onthou met henko het ek dieselfde tyd BH gekry en toe gaan dit weg tot by die einde. as ek dit dan kry kan ek amper nie asem haal soos ek gekramp het nie

Skapie, ek wens ek het energy boosts gehad, vrek hoe kry jy dit?? :laugh: Ek is net moeg, permanent. nee ek jok, by die werk het ek baie krag :( en by die huis niks. en ek soek krag by die huis.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106936 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Dit is glad nie lekker nie Voetjies mens sien so uit daarna en dan le die klein klits nie reg nie. En ek het alles probeer Coke drink sjokolade eet alles sy wou net niks weet nie.
Hoop die volgende 10 weke gaan gou verby die Oktober Mammas tel al die dae af en ons tel nog in weke

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106926 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
toemaar Rosie, ek's saam jou, Mia wou haarself ook nie mooi vir ons wys nie, en dit met 2 x 4D's!
Okay, my maag se omtrek is 105cm...op 31 weke....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106583 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle,

Lelie, Braxton hicks kontraksies is normaal na 20 weke, dit begin eintlik al baie vroeg in mens se swangerskap maar mens kan dit gewoonlik eers later begin voel. As die kontraksies seer is moet jy dit met jou dokter bespreek, dis nie veronderstel om seer te wees nie.

Skapie, ja dit lyk my Claudia is 'n fyn ou dingetjie. 'n Lang been spinnekoppie...

Rosie, jammer julle kon nie mooi sien nie, maar ten minste weet mens darem baba is gesond.

Lyk my ons almal dra lekker klein!

Lekker dag vir julle!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account