Hi! hoop dit gaan goed met almal.
my baby shower was ongelooflik lekker en ons is met vreeslike nice persente bederf!
Lelie bly jy't ook jou baby shower geniet!
ek sal vanaand my maag meet en more kom rapporteer.
dit begin alweer voel of my maag uit die vel gaan uitpop, en dit lyk skoon by die dag of ek groter word.
het maandag begin om die huis uit te sorteer....kamer vir kamer wil ek alles regpak, matte was, gordyne was ens ens, sodat alles reg is as Mia kom.
Darem klaar met kamer 1, behalwe vir gordyne, wat ek eers sal doen nadat die eerste reens geval het, wat hopenlik binnekort is.
ek beoog om teen Vrydag klaar te wees met Mia se kamer.
Ek't gisteraand beslis vir die laaste keer reggekry om my "bikini-line" en been hare te skeer. gaan beslis dit nie weer regkry nie, so manlief moet nou maar instaan vir die joppie...
en ek kan beslis ook nie weer toon naels doen nie. gelukkig het ek vouchers gekry vir my verjaarsdag en sal gaan vir n lekker pamper sessie net-net voor Mia kom, sodat ek weet ek's reg vir die eerste rukkie.
stuur vandag my kraam verlof vorm deur, so dit voel darem ook al nader aan "weg kom van die werk af"!
hier nie regtig veel nuus nie. is maar moeg, slaap sleg, want raak nou vir my bietjie erg ongemaklik, so ek kry nie my le in die aande nie. en dit sit by die kantoor maak my rug en linkerkantste ribbes klaar!
ek voel vir Mia deesdae meer gereeld, so dit is heerlik!
kan nou nie wag dat ons haar weer kan sien met ons volgende afspraak nie, en dit voel nog vreeslik ver tot 1 Okt!
hoop julle het almal n heerlike dag en n great week verder, ons is halfpad!