Hi julle!
Ek was gister vir my 4D scan, en hierdie ou dogtertjie van ons is 'n regte modelletjie! Sy is glad nie skaam vir die kamera nie en het sommer dadelik vir ons haar gesiggie gewys!
Dit was heerlik!
Voetjies, doen net wat vir jou gemaklik is, die stuff op spinning babies kan nie skade doen nie, maar daar is anyway nog so baie tyd oor dat jy regtig nie hoef te worry oor hoe sy le nie, die kans dat sy so gaan le vir die res van die swangerskap is minimaal! Claudia het 3 keer omgedraai in die halfuur wat ons by die scan was gister... ok, ek het moerse baie chocolates en coke geeet... maar wat ek probeer se, is dat sy tien teen een nie eers permanent in daai posisie le nie.
Gerne, het jy gesukkel met swelling en bloedruk met Henko ook? Eks bly jy gaan more dokter toe, vra bietjie vir hom daaroor, te erg is darem te erg! Hopelik kan hy vir jou iets voorskryf wat kan help.
Skapie, eks bly jy het jou baby shower so geniet! Ek was self mal oor myne! En dis lekker om dit so vroeg te he sodat mens nog tyd het om alles te kry wat jy nog kort.
Lekker dag almal!