file November 2010 Mammas

16 years 1 month ago #102557 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
more almal! ek't gister n briefie opgesit, en toe ek submit, toe gaan my internet af!
so anyway, hoop dit gaan goed met almal.
hier nie klagtes nie, Mia groei mooi en weeg nou net net onder 1.3kg. sy le blykbaar net nie heeltemal reg nie, en dit maak dat haar koppie nie heeltemal rond groei nie. volgens ginek is dit niks ernstig nie, en moet ek nie worry daaroor nie. ek't ook op google gaan oplees daaroor, en oral se dit, dis fine en dat dit selfs baie "normaal" is na geboorte dat baba verkeerd le en slaap en die koppie dan ook nie rond is nie, maar dit kom blykbaar reg na n tyd. my sussie se seuntjie was ook gebore met n regte "cone head" en dit het na 5 of 6 weke reggekom. Anina se daar's oefening wat ek kan doen om Mia te kry om anders te le, maar ek gaan natuurlik nou ook nie weet of sy dan skuif of nie, tot my volgende afspraak.
wat sou julle doen as dit julle was? haar net los om te le soos sy gemaklik voel, of oefeninge doen om haar te probeer kry om te draai (en hoop jy doen nie iets erger dan nie)?
my ma het natuurlik dit baie geniet om saam te gaan, al kon ons weer nie veel met die 4D sien nie, want die naelstring le steeds so hele "blob" voor Mia se gesiggie!
ek verjaar hierdie week, en raak so vroeg moeg in die aande dat ek nie kan besluit of ek iets wil doen of nie. dink ek moet maar die pelle nooi vir n drink erens en as ek moeg is, dan ry ek, ek's seker almal sal dit verstaan!
en Saterdag is my baby shower, en my ma stress haar self dood daaroor, weet glad nie hoekom nie, maar nou ja. ek sien baie uit!
hoop almal het n heerlike dag en wonderlike week.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #101655 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
hi dames

ek het vir een of ander rede ewe skielik begin swel gister, my voete lyk erg. en dis nogals seer hoor.

agnee voetjies, dis nou jammer julle kon haar nie sien nie ne, ag wat, een van die dae is sy in jou arms!
Geniet die afspraak en kom vertel asb hoe groot is sy!

Rosie, ek gebruik ook lapdoeke!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #101431 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
more girls! sjoe, maar die magies lyk te cute hoor! hoop dit gaan verder goed met almal!
hier nie klagtes nie, die moegheid bly net erg, maar darem is dit naweek.
was dinsdag vir 4D gewees, maar Mia wil glad nie he ons moet weet hoe sy gaan lyk nie. eers heeltyd met naelstring voor haar gesiggie gespeel en toe haar handjies heeltemal oor haar gesiggie gesit!
het vanmiddag ginekoloog afspraak, en hy gee ook n 4D, so dalkies sien ons haar vandag. manlief kan nie saam gaan nie, want hy't geleentheid gekry om te gaan jag op n plaas waar absoluut al die wild uitgeskiet moet word....so ek kon hom nie die kans laat verby gaan nie. so vandag gaan my ma saam my, sy sien natuurlik baie uit. nou hou ons net duimvas sussie wys haar vir ons!
nou ja, ek hoop almal het n heerlike "casual day" en n great naweek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #101325 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi daar!

Rosie, dit hang af of jy gaan doeke koop of jou eies maak. As mens jou eies maak is die BAIE goedkoper so dan kan jy sommer 20 maak vir onder R200. As jy gaan koop stel ek voor so 12 is genoeg, jy sal net gereeld moet was.

Gaan kyk bietjie op 2kidmamma se website, daar is 'n artikel oor haar besigheid op die home page hier op moomie. Haar site het regtig oulike inligting op oor lap doeke en sy versprei dit ook teen dieselfde pryse waarvoor jy dit by die gewone verskaffers kan koop.

Ek is ook meer as bereid om vir jou al my ervaringe te vertel, en ek belowe jou dit is NIE so moeilik nie en dit is 100 keer goedkoper as weggooi doeke!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #101314 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Ag nee julle ek het vandag te veel tyd gehaat om te dink.

Anina oor die cloth nappies ek weet jy het al gepost daaroor maar kan jy dalk net weer se hoeveel mens nodig het en alles dink daaraan om dit te gebruik

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100886 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Almal se magies lyk te oulik kan nie glo die tyd gaan so vinnig verby nie was gister al 28 weke.

Julle moet almal 'n lekker daggie he. Skapie hoop die Kaap kry vandag bietjie sonskyn ;-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100881 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
More

Skapie, jou magie is so klein nog ne! Jy lyk pragtig en sussie net so pragtig!

Partykeer sukkel ek ook maar met die fotos dan laai ek dit gou op photostand en copy die url hier. dit werk darem altyd.

Lekker dag vir almal.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account