file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #183014 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
En toe chat julle 'n storm los!!! Ek sukkel om by te bly vandag!

Welkom terug Helene en Elise!!!!! Ons het julle gemis!!

Elise, Claudia het ook nog nie tande nie, ek mind glad nie want dan kan sy my nie byt as sy drink nie :cheer:

Helene, ou Stefantjie is pragtig! Ek stem oor die stadig ontwikkel, ek sou glad nie omgegee het as Claudia so bietjie stadiger was nie! Maar nou hol ons rond!!

Claudia is nogal lief vir haar dummy, Stefan was ook gewees en ek het dit op so 13 maande weg gevat en hy het dit binne 'n dag gelos. Nie eers gesukkel om te slaap nie. Dit gaan baie oor wanneer jy die dummy wegvat. Dis blykbaar makliker tussen 11 en 15 maande, so ek het dit mooi op die regte tyd gedoen (al het ek eers na die tyd uitgevind dit was die regte tyd.)

Elise, ek dink dis maar die borsvoeding wat jou siklus so deurmekaar maak. Ek het ook 'n paar maande gereeld 28 dae siklus gehad en toe skielik vir 6 weke NIKS. Ek het myself doodgestres, wou nie eers hier iets se nie, ek wou glad nie erken dat daar 'n moontlikheid kan wees dat ek swanger is nie. En toe begin dit gelukkig laas week... Ek was nog nooit so bly om daai rooi bus te sien nie!

Petro, ek haat dit ook as mens se post sommer so verdwyn!! Baie frustrerend!!

Nou moet ons nog net vir Ralmarie terugkry!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #183009 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, voel dit nie ook vir jou asof ouboet so groot lyk op fotos teen kleinboet nie maar by die huis is ouboet maar steeds jou baby? :)

henko lyk vir my so groot teen ruben op fotos maar by die huis lyk hulle so na aan mekaar !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #183002 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
oe nou chat julle lekker :)

helene, S is so pragtig, het lanklaas 'n foto van hom gesien. mooiste hare! ek kan nie wag om hulle dieselfde te begin aantrek nie!!!

Riley kort ook nog 'n tand LOL moet nie worry daaroor nie elise, baie kids sny eers laat, voor hul eerste bday. dit verskil maar van baba tot baba.
My vriende se dogtertjie is al 10 maande en haar mamma wag ook nog vir 'n tand :)

petro ek sit ruben in die bed met 'n bottel dan slaap hy dadelik. party keer as ek sien hy is moeg sit ek hom in sy kot dan speel hy bietjie en dan as ek weer inloer slaap hy :)

Christa, Mare en Ruben moet bietjie bymekaar kuier, hulle sal net sit en vir mekaar staar LMGA, klink my hulle is 2 oupas :)

Elise, S klink baie oulik!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #182999 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Petro, Mare raak sommer so waar hy speel aan die slaap. Partymaal sal ek hom op die bed gaan neerle, dan slaap hy maklik, maar hy verkies om so naby ons te slaap. Ek dink die gewone huis geluide maak hom rustig. Ek het nie tyd om hom te sus nie en ek gaan dit ook nie aan myself doen nie. In die aand sal ek langs hom op sy bed gaan le en vir hom sing of met hom gesels tot hy slaap, maar dagslapies moet hy self doen. Die klomp by die dagsorg moet al die ander kids in waentjies aan die slaap stoot en ek het net geweier. Nou is hy almal se droombaba daar.

Hahaha vir al die nagbottels! ;)

Elise 'n tip vir die roereiers, maak dit so dat dit nog klam is. Ek gooi bietjie formule melk daarby, anders is dit droog en dan gril Mare ook daarvoor.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #182992 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
sien dit lyk my sys die enigeste een wat nog nie tande het nie

christa hulle se di kan gebeur maar ek het in die begin die eerste 3 maande nie n probleem gehad nie my menstruasies was normaal en op tyd

Samantha waai ook tata en glo my sy doen dit soos n regte queen die handjie gaan in die lug op en net die vingertjies beweeg dit is so cute en sy se mamma en pappa partykeer is dit net pa.

julle moes haar gesiggie gesien het toe ons hom saterdag by die lughawe gaan haal het toe sy hom deur die venster sien dog ek sy gaan uit my arms spring van blydskap hy was so bly daar was glad trane in sy oe hy se hyt gedink sy gaan hom so bietjie vergeet maar ek het nie gedink sy sal nie.

o ja en sy het die nuwe ding as sy nie haar sin kry nie maak sy of sy huil dis te ou gat sy trek die hartseer gesiggie en maak huil geluidtjies andre kan omtrent vir haar lag

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #182968 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag jinne Helene! Hulle is pragtig! Lance is duidelik baie lief vir kleinboet Stefan! Dierbaar!

Elise, is dit nie dalk die borsvoeding wat die menstruasie laat wegbly nie? Ek dink ek het al gehoor dat so iets gebeur.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #182965 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle almla

ek het nou net n lang post getik - nou is alles weg

helene en elise dankie dat julle weer kom gesels - ons mis julle

helene - stefan en boeta is pragtig. maggies kannie glo hy waai tatta ens nie - xander nog nie naby daaran nie

hy het 2 tande - een gekry voor 6 maande en ander ene 3 weke later. lyk of hy weer gaan kry - eet glad nie, peof doeke geel. maar geen opgeswelde tandvleise nie

hoe gaan slaap julle babas in die dag - word hulle net neergele wawyd wakker of sus julle hulle aan die slaap

xander sit ook nou alleen en het gister die rol ding bemeester

nee wat christa - xander is n bottel baba en hy suip soos n vis in die nag - het darem vanoggend tot 6:30 geslaap - kon my luck nie glo - maar hy het 10hr, 2 hr en 5 hr gedrink

hahahaha

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account