file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #182749 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Lol Anina! Toe is mamma se poppie eintlik mamma se tomboy! Dit was seker vreeslik seer! Wel, minstens weet Stefan waar die lipstiffie moet kom en het hy nie mamma se mure 'n alternatiewe voorkoms probeer gee nie!

Gerne ek hoop jou sinus voel al beter! Die verhouding vir die "soutwater-snuif" is 1 teelepel sout, 1 teelepel koeksoda en 600ml water. Dan snuif jy dit so deur die loop van die dag.

Gesels weer later.

Lekker dag!

PS Carmen kom vertel van Roxette!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #182647 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle sal my nie glo nie! Claudia het 'n blou oog en Stefan is vol lipstick!

Claudia die klein waaghals het so tussen die stoel en koffie tafel gecoast, bietjie te braaf geraak en al hoe vinniger van die stoel na die tafel begin beweeg en toe val sy met haar oogbank teen 'n stoelpoot. Terwyl ek en Paulina haar troos, ontdek Stefan my lipstick en versier sy gesig! Ek sou dit seker meer gelike het as dit my meisiekind was wat die rooi lippies gehad het maar nou lyk sy soos die rowwe jack!
Ek wonder wat gaan Johan sê?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #182630 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Lol Gerne! Ek sal by my Ma die presiese mengsel uitvind en jou laat weet. Sy gebruik dit baie omdat sy so met sinus en hooikoors sukkel. Al waarvan ek seker is, is dat die water louwarm moet wees. Sal die verhouding daarvan laat weet.

Waar is almal vandag? Haaaallllooooooo???!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #182624 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hey Helene, lekker om jou weer te sien! ek het lanklaas 'n foto van jou boedies gesien, moet bietjie gaan kyk op fb.

okay nou vertel asb net eers oor die sout snuif storie voor ek nou vanaand soos 'n druggie lyk met wit strepe onder my neus en my brein weg ge smelt van al die sout :)

Marsa.... kom join ons asb. vertel bietjie meer van jouself en dan leer ons jou ook ken !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #182576 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo Voetjies (Marsa)! Val gerus in! En BAIE welkom!

Anina ek dink jy het die regte besluit geneem! Dit sou my besluit ook gewees het. Ek hoop en bid die homeopatiese behandeling bring verligting en as dit moontlik is, dit sommer heeltemal genees! Ek hou van jul wyn-wenners van die wynproe!

Hmmm, nou kan jy nie eers 'n glasie wyn drink om die stres-vlakke te verlaag nie! ;)

Stefan klink so oulik! Party dae kan ek nie wag dat Mare ouer word nie en ander kere voel dit vir my dit gaan te gou! Lekker "confused" mamma hierdie!

Claudia klink 'n regte klein waaghals! Ag en hulle weet darem so goed as hulle snaaks en laf is! Maar EINA vir al die kop stampe!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #182564 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ek was vanoggend by 'n homopaat oor ek nou nie meer kan uithou met hierdie ekseem nie. Sy het my allergiee getoets en eks defnitief vir gluten allergies (dit weet ek al jare...) en ook vir WYN!!! Of altans die gis in wyn, so met anderwoorde alle alkohol... en koffie... en coke... en appels! En goud. Gelukkig se sy dis nie 'n doodsvonnis nie, ek moet die goed net vir 'n rukkie uitsny terwyl sy my behandel, dan kan ek dit weer eet. Behalwe vir die gluten, dit kan ek dalk met na baie behandeling weer stadig in my dieet insit, maar nooit voluit nie. Ek gaan vir Stefan ook soontoe vat binnekort dat sy hom ook kan uitsort. Ek wil net eers kyk hoe reageer ek op alles sodat ek weet dit werk. Dis my laaste hoop. Ek glo dit gaan werk, ek hoop net dit werk vinnig.

Sy se ook my stresvlakke is deur die dak en het vir my homopatiese happy pills gegee. En my hormone is deurmekaar, tien teen een agv die borsvoed, maar daarvoor het sy ook goed gegee. Al my organe is 100% behalwe my vel. As sy my vel toets, skiet die monitor se naald heeltemal uit die meetbare gebied uit.

Dis nogal interessant, ek weet nie mooi hoe werk die monitor wat sy gebruik nie, maar dit werk op pressure points of iets, jy hou so 'n metaal buisie vas met jou linkerhand, dan druk sy met 'n ander metaal punt op verskillende punte en dan beweeg die monitor se naald rond. Wetenskaplik weet ek nie hoe die hel dit werk nie, maar ek het nogal bietjie vertroue verloor in Westerse medisyne en dokters die afgelope paar jaar, so ek dink hierdie is dalk worth it.

Hopelik werk dit, want ek kan nie meer nie. My hande is oortrek van die ekseem en my gesig ook. Ek het al alles probeer van boererate tot kortisoon tot alles wat enige iemand vir my se. Maar niks werk nie en geen dokter kan iets daarmee uitrig nie.

Verder gaan dit goed by ons. Ek het besluit om nie daai ander werk te vat nie. Ek glo nie dis die regte ding vir my en my familie op hierdie stadium nie. As ek dalk glad nie werk gehad het nie en 'n inkomste dringend nodig gehad het, sou ek dit gevat het. Maar op die stadium dink ek nie dis die uitkoms wat die Here vir my wil gee nie. Ek voel rustig daaroor, so ek glo dis die regte keuse.

Claudia was effe moeilik die naweek, maar is het darem goed geslaap gisteraand. Stefan is 'n droom. Hy is soooo cute ek wil hom net opvreet. Hy se heeldag, Hallo Mamma, Hallo Pappa, Hallo sussie. Hy is net 'n ou skattebolletjie deesdae.

Helene, Claudia slaap ook nie deur nie. As ek se sy het goed geslaap bedoel ek sy was nie meer as twee keer wakker nie en het na tietie weer geslaap en nie geskree of gespeel nie.

Gerne, ek hoop jy voel gou beter man! Dis aaklig om so snotterig te wees. Dit laat mens so siek voel. Ek kan ook getuig van die sout water gorrel / snuif. Dit werk, dis aaklig, maar dit werk. Antihistamien help ook gewoonlik. Ek ken nou nie Christa se brousel nie, maar dit klink interessant...

Christa, shaim vir Mare se kopstamp man. Claudia het al so baie gestamp, sy staan mos oral op en dan is sy lekker laf en los haar handjies, dan tuimel sy agter oor... Hulle oorleef darem gewoonlik sonder enige nagevolge.

Carmen, ek sien op fb Roxette was great! Hoop julle het dit baie geniet!!

'n Vriendin van my was saam met my in die November groepie, maar daai groepie het doodgeloop. Sy wil graag saam met ons kom chat en volg ons groepie maar sy is bang om net sommer in te bars. Ek het vir haar gese sy is welkom, julle gee mos nie om nie? Haar naam is Marsa, sy is Voetjies op die forum en haar dogtertjie is dieselfde dag as Ruben gebore. Carmen ken haar ook van skool af. Kan sy maar hier by ons inbars??

Lekker daggie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #182561 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Shame Gerne, sterkte vir jou vriendin! Jy kan sommer bietjie koeksoda ook by die soutwater inmeng, dit werk ook goed, is net grillerig!

Helene, long time no "see'! Bly dit gaan nog goed met julle! Sien jou darem op fb. Jou twee boetas is baie oulik! En beslis boetas!

Gaan goed met ons! Mare word Sondag al 'n hele 8 maande! Kan nie glo die tyd vlieg so nie! Hy sit self, begin nou van le af regop kom. Is nog glad nie lus vir kruip nie! Maar so gesond soos kan kom! Hy het gister in alle erns begin "mmmmmma", wat ek natuurlik glo is "mamma". Gewig en lengte kan ek nie se nie, want hy was te lanklaas by die suster! :blink: En ek is so nuuskierig om te weet wat hy weeg!

Bly julle lekker in die nuwe huis?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account