file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #181345 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Anina, julle is braaf so daar op die plotte! :S

Christa, jip blonds RULE!!! :woohoo: My hare het van kleins af ook so met tyd al hoe onkerder en donkerder geword :(

Christa, so kuiertjie kan werk, hoe ver is Klerksdorp actually van Centurion af? Ek dink ek het al een keer deur Klerksdorp gery, so ek ken nie so mooi nie :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #181228 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Gerne, daai foto is so oulik! Die twee boetas is duidelik baie lief vir mekaar! Sjoe Henko het julle lekker laat skrik! Hoop regtig dis nie ernstig nie! Se Regina moet hom goed oppas! Hoop nie jou dag is te lank nie!

Melody ek is sou ook so elke 2de aand kos gekoop het! Dit gaan baie dol in die aande! Ons kom nie voor 6uur by die huis nie, dan moet Mare bad en eet. Dan is dit bed toe met hom (7uur op die laaste anders is hy mislik!). Daarna begin ek eers met aandete. So ons eet nooit voor 8uur nie en ek glo aandete moet voor 7uur afgehandel wees! na aandete is dit skoteelgoed, bottels was, voorberei vir die volgende dag! Die wasgoed le dan ook nog en wag en so aan en so aan en so aan . . . . . :blink: So ek dink nie jy is lui nie, jy beplan net goed! Geniet dit!

Carmen ek verstaan presies wat jy bedoel met die diep binne blond voel! Ek is blond gebore en sal dit altyd wees. My hare het donker begin word toe ek nie meer aan sport en goed deelgeneem het nie en dus minder buite gekom het! Ek het gereeld na Desember vakansie by die see raas gekry oor my "highlights" wat ek laat insit het. (Die son is uitstekend hiermee!) Maar my hart is beslis blond, so ek hou dit so. Jul Roxette kaartjies is glad nie buitensporig nie! Julle moet dit regtig geniet!

Okay ek en Ralmarie het 'n goeie plan!!! O ja sy stuur groete! Gaan dol met haar drukkers-masjien en materiaal se invoere! Wat van 'n kuier in Potch of Klerksdorp? Dan is dit mooi in die middel vir Petro wat ook graag wil saam kuier! So dink bietjie daaroor.

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #181208 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Melody, Stefan is amper 2 jaar oud. Hy verjaar einde vlg maand. Ek moet seker begin partytjie beplan...

Julle, ek is so opgewonde!!! Ek gaan einde Julie (as alles reg loop) die hypnobirthing practitioners kursus doen. Dan kan ek begin klasse aanbied by my huis.

Ek gaan nog vanmiddag vir daai tweede onderhoud vir die ander besigheid. Ek is eintlik glad nie seker hoe die ding werk nie en wat dit is wat hulle my voor wil he nie. Maar hopelik maar dinge vanmiddag meer sin. Ek voel net nie rustig daaroor nie, so ek twyfel of dit die regte ding vir my is.

Maar either way, met die hypnobirthing kursus sal ek hopelik genoeg geld maak dat ek vlg jaar kan ophou skoolhou!!!!!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #181202 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hier is ene van Stefan wat swem

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #181201 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!!

Carmen, daai klein Riley is te cute man!! Klein maar getrain! Jou hare het baie nice gelyk so lank en donker. Maar ek weet... blonds have more fun!!

Melody, gelukkige jy wat kan kos koop by die kantien! Ek sou dit nie kon eet nie... mos lekker allergies vir amper alles. As ek kon, sou ek dit ook gedoen het. Ek dink regtig jy moet vir Kayla by daai suster uitbring. Wat het die pediater by haar 6 maande check up daarvan gese?

Gerne, dis nie lekker om die hele nag deur so te le en worry nie. Hoop nie jy het 'n te rowwe dag vandag nie. Jou ou mannetjies lyk baie oulik in die kot. Sulke lekker lawwe oomblikke is wat die lewe die moeitewerd maak.

Ons het 'n vlaag inbrake in ons area die afgelope tyd. Of eerder attempted inbrake. Ons is 'n klomp plotte bymekaar wat almal saam staan teen die vetters. So hulle het nog nie op een van die plotte ingekom nie, maar dit beteken nie dat ons rustig slaap nie... daar gaan heel nag alarms af, dan sms almal mekaar om uit te vind waar die probleem is. Dan kom die sekuriteits company oor die grondpad gejaag, en nou en dan skiet hulle op die ouens, dan le ons ek tel skote... Die laaste twee nagte was hulle op ons plot, het by ons bure wat met ons die plot deel probeer inbreek. Ons het nog ons eie wagte ook op ons plot so dis amper onmoontlik vir die inbrekers om in te kom maar daar is heelnag aktiwiteit om ons. Dis aaklig. Dit gebeur blykbaar so een keer elke 4 jaar dat hulle die area target en dan kom hulle nie reg nie, so dan los hulle dit weer vir 'n paar jaar. Ek hoop hulle sien sommer gou dat daar nie 'n manier is om in te kom nie en voetsek, ek wil rustig slaap.

En toe het Claudia ook nog gisteraand moeilik geslaap. Sy het sommer 6 uur aan die slaap geraak sonder om te eet, toe gee ek haar 'n dreamfeed so 8 uur. Maar toe word sy 1 uur wakker en is helder wakker en wil net speel. Sy het weer so half 4 aan die slaap geraak. Dit was rof...

So eks 'n zombie vandag...


Hier is 'n fototjie van maddam wat teen die koffietafel staan

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #181067 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
carmen, leen riley vir my asb, sy sal my net heeltyd laat lag :) sy is 'n klein rakker.

shoe die kaartjies is baie billik ne.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #181065 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Klein rakker
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account