file Oktober mammies 2010

15 years 4 months ago #180891 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Wow Carmen, jy was 'n pragtige bruid! Die donker hare pas jou net so goed soos die blonde hare! Regtig pragtig!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180886 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle! Dit gaan woes! Moes net gou kom hallo se.

Petro bly julle doeks beter! Hou dit nou so! Makro adverteer 'n 32duim (80cm) LCD tv met 'n PVR dstv decoder, instalasie ingesluit vir R 699-99. Weet nie of dit net tot gister (9de) was nie. Pas op jou nanny!

Melody, goed om te hoor Kayla eet beter! Jy sal sien een van die dae gaan dit sommer baie goed! Geniet jou present!

Gerne bly julle en Regina kon 'n goue middeweg vind en dat Henko nog bietjie by die huis kan bly! iestog Ruben se tandjie is seker baie seer! 10/10 vir die tv! Nou kan julle lekker speel en doen! Geniet dit! Hoe lekker lag ek vir die elke dag pasta en maalvleis! Hoekom begin jy nie 'n thread met spyskaart wenke onder Feeding & Nutrition nie?

Carmen ek is skoon jaloers op jul Roxette vertoning! Julle moet dit gate uit geniet! Eina vir die ou blou wangetjie! Siestog, dit was seker baie seer!

Anina lol vir die kruiwaens speel! Ek sien al hoe loop julle dubbelgevou agter die goed! :laugh: Stefan klink so cute! Arme sussie en die smarties! Geniet Johan se payday en alles wat daarmee gepaard gaan!

Ek onthou ook die "jy sal by hierdie tafel sit tot jy jou bord leeg ge-eet het!" Vandag is my ma spyt daaroor, sy glo dis wat haar kinders se gewigs-probleme veroorsaak het!

Nelita ek sien jy het kom inloer! Gaan dit nog goed? Hoekom so stil? Ons mis julle stilles!

Janine, wat het van jou geword? Kom se tog hallo!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180879 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
LOL Gerne, eish, ek kan net dink....ek sien nie uit na daai stadium nie....alle kindertjies kom seker daar! :P

Ek kan nie onthou dat ek vol fiemies was nie, ek dink ek moes maar net eet wat daar gegee word of my gat brand :laugh: of jy gaan slaap honger, ons ouers was darem baie wreed! :blush: :laugh:

Sit weer bietjie vir ons 'n fototjie van Henko op! Hy het al so mooi groot geword! Anina, jy moet enetjie van Stephan opsit!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180863 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
julle ons almal moet elke aand kos maak ne, wel .... dis reeds 'n uitdaging om iets uit te dink elke aand nou moet ek nog my vol k... vol nonsens seuntjie ook iets uitdink vir middag ete elke dag. jis man dit raak net al hoe moeiliker want hy raak nou vol nonsens.

hy het altyd alles geeet en nou skielik geen rys, geen vleis, net pasta :)

so hy kry nou elke dag pasta en mince tot hy nou besluit het hy is oor dit LOL

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180836 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Stil is dit nou hier! :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180687 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Melody, Kayla is nie agter nie, sy is right on track dis net ons tweetjies wat voor op die wa is... Dis vreemd dat sy nog met winde sukkel en so maklik opgooi as sy eet. Maar jy se jy het haar mos al by 'n dokter gehad daarvoor en hulle het na alles gekyk. Maar dit maak nie sin nie, dis nie vir my normaal nie, miskien moet jy maar weer vir die pediater daaroor vra. As dit nie 'n fisiese probleem met haar slukderm is nie, moet hulle dalk kyk na allergiee?

Petro, Paulina is ook soort van 'n inslaap nanny, sy bly so 'n blok van ons af. En ek weet presies wat jy bedoel as jy praat van 'n engel. Mens kan net eenvoudig nie meer jou lewe sonder hulle voorstel nie. Claudia se ou gesiggie straal sommer as Paulina haar in die oggende by my vat.

Stefan raak nou regtig oulik, hy "myne myne" vir als en kom haal ons om saam met hom te speel, dan verduidelik hy in gebroke taal en handgebare en demonstrasies wat ons moet doen. Gisteraand moes ons soos paddas spring en daarna moes ons almal mekaar jaag met sy kruiwas, nogal 'n mission om met so 'n klein kruiwatjie rond te hardloop!

Carmen, klink of jy 'n great naweek het wat voorle!

Ons sal seker ook 'n goeie naweek he, Vrydag is Payday vir Johan!!! Dit maak dit altyd nog beter!!

Lekker daggie, ek chat nou nou weer...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180654 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Gerne, ek is bly julle kom tot 'n ooreenkoms kom met Regina :) Ek is seker julle is sommer baie verlig!

Petro, julle moet vasklou aan daai nanny van julle, mens kry hulle nie aldag nie!

Ja Melody, Kayla het almal voorgspring met die tande, sy is 'n Superstar! :woohoo:

Riley het vanoggend voor skool teen die tv kanbinet getaan, besluit om te los en tweede gekom! lekker bloukol right in die middel van haar wang :S , eish mense wonder seker wat vang ek met my kinder aan. :P

Oo ek sien so uit na die naweek, gaan Roxette kyk, ons is 4 vriendinne wat saamgaan. Ons gaan die Sondagoggend ry, ons bly in die Cabanas, sal maar dobbel of iets voor die tyd, dan is dit die show Sondagaand en dan slaap ons oor en lekker breakfast in die hotel en Maandagmiddag ry ons weer terug :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account